Speenkalwers, die afgelope Woensdag op 'n Blaauwberg-veiling op Grootfontein. FOTO ELVIRA HATTINGH
Speenkalwers, die afgelope Woensdag op 'n Blaauwberg-veiling op Grootfontein. FOTO ELVIRA HATTINGH

Optimisme oor toekoms van beesprys

Beesgetalle toon sterk herstel
Terwyl die gemiddelde veilingprys vir beeste verlede week met sowat N$2 per kg gestyg het, is kenners optimisties oor die toekoms.
Elvira Hattingh
Alhoewel beespryse op veilings nie verlede maand kop opgetel het soos wat aanvanklik verwag is nie, heers daar steeds optimisme dat dit binnekort sal gebeur – veral vanweë probleme soos bek-en-klouseer in Suid-Afrika.

“Die prys het egter verlede week reeds met ʼn gemiddeld van sowat N$2 per kg gelig,” het Desmond Cloete, hoofbemarkingsbeampte by die Vleisraad van Namibië, aan Republikein gesê.

“Ons verwag steeds dat die uitbreking van bek-en-klouseer ʼn beduidende invloed op pryse sal hê. Dit is moeilik om te sê met hoeveel pryse kan styg, maar ons is positief dat dit oor die volgende maande sal verbeter.”

Cloete voeg by dat die beesbedryf sterk aan die herstel is ná die verwoestende droogte van 2019.

“Ons sien dat veilings baie meer beeste bied – veral die groot veilings op plekke soos Gobabis, Otjiwarongo en Grootfontein.

“Daar was baie meer speenkalwers op die veiling. Julie is mos maar tradisioneel die maand vir speenkalwers, maar statistiek toon dat die bedryf besig is om te herstel,” het hy gesê.

BRON VAN SIEKTEVRYE BEES

Cloete verduidelik dat Suid-Afrikaanse voerkrale waarskynlik veral in Namibiese beeste sal belangstel, aangesien dit ʼn betroubare bron is van vee wat vry van siektes soos bek-en-klouseer en longsiekte is.

“Sou hulle byvoorbeeld in Suid-Afrika ʼn speenkalf aankoop wat bek-en-klouseer het, dan maak hul veeartsenydienste hul voerkraal toe en verloor hulle besigheid. As ek ʼn voerkraal-eienaar was, sou ek seker daarvan gemaak het ek koop kalwers aan waar die risiko baie laag is vir die siektes – soos byvoorbeeld in Namibië en Botswana.

“Dit is waarom ons optimisties is dat ons pryse sal herstel,” het hy gesê.

Hy sê Botswana se toetrede tot die Suid-Afrikaanse voerkraalbedryf met goedkoper speenkalwers het wel ʼn uitwerking op die Namibiese speenkalfprys.

“Botswana het vantevore ʼn moratorium op die uitvoer van lewende beeste gehad. Dit is in 2019 opgehef.

“Botswana is dus ʼn aanloklike bron van speenkalwers vir die voerkrale – Botswana is nader as Namibië om die speenkalwers vanaf in te voer en boonop word dit goedkoper daar aangekoop,” het hy verduidelik.

Cloete sê Suid-Afrika is ʼn netto-invoerder van speenkalwers.

“’n Paar jaar gelede het ons gesien dat hulle begin het om beesvleis uit te voer – veral na die Midde-Ooste toe. Hul behoefte aan goeie gehalte vleis groei dus net al hoe meer.

“Namibië het in die verlede net sowat 10% van die Suid-Afrikaanse speenkalfmark voorsien, dus speel ons nie ʼn beduidende rol in terme van volumes nie. Dit gaan maar oor die gehalte van ons produk en ook omdat daar, met die behulp van die NamLITS-stelsel, op naspeurbaarheid gefokus word.

“So verseker ons dat die produk wat ons lewer, van goeie gehalte is en siektevry is.

“Op die einde van die dag wil ons egter ons speenkalwers self kan grootmaak en die Vleisraad werk aan ’n strategie in terme hiervan,” het hy gesê.

GROOT VEILINGS

Volgens die Vleisraad se syfers van die week van 18 tot 22 Julie, is die hoogste gemiddelde prys van N$35,99 per kg vir tollies betaal, terwyl gemengde pakkies van tollies en verse, vir gemiddeld N$35,06 per kg verkoop het.

Die prys vir verse was N$32,73 per kg.

Intussen het verskeie plaaslike veilingshuise die afgelope maand groot veilings aangebied.

Blaauwberg het op Donderdag 28 Julie ʼn speenkalfveiling op Otjiwarongo aangebied, waar sowat 1 400 stuks vee vir ʼn gemiddelde prys van N$32,85 van die hand gesit is. Die hoogste prys wat op die veiling betaal is, was N$42,39 vir tollies tussen 131 en 200 kg.

Agra het ook op 21 Julie ʼn speenkalfveiling op Otjiwarongo aangebied, waar ʼn rapsie minder as 2 000 stuks vee op aanbod was en die hoogste gemiddelde prys van N$36,96 betaal is vir speenkalwers met ʼn gemiddelde gewig van 138 kg.

Dit is opgevolg deur ʼn speenkalfveiling Woensdag op Grootfontein, waar net minder as 1 700 stuks vee van die hand gesit is.

Op Agra se speenkalfveiling op Grootfontein op 27 Julie, is daar ook meer as 2 700 stuks vee van die hand gesit, waarvan 2 400 speenkalwers was. Op dié dag is die hoogste gemiddelde prys van N$37,25 per kg vir tollies met ’n gemiddelde gewig van 198 kg betaal.

Agra se veiling op 15 Julie op Gobabis, het ook 2 355 stuks vee op aanbod gehad, met die hoogste gemiddelde prys van N$37,12 wat vir tollies betaal is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!