Ooreenkoms onderteken oor landbou-statistiek
Voorbereiding vir eerste nasionale landbousensus
Tydige en akkurate statistiek en data gaan nodig gaan wees as Namibië sy landbousektor wil transformeer en tot sy volle potensiaal wil ontwikkel.
Terwyl Namibië voorberei om eersdaags sy eerste landbousensus van stapel te stuur, is daar ook nou die eerste stappe gedoen vir die ontwikkeling van ʼn strategiese plan vir landbou- en landelike statistiek (Spars).
Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) en die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het verlede Vrydag ʼn ooreenkoms in Windhoek vir die Spars-projek onderteken.
Die doel is onder meer om beter statistiek oor landbou- en landelike gebiede te versamel, wat die land sal kan help om eindelik ook beter aan verskeie streek- en internasionale vereistes te kan voldoen.
In ʼn mediaverklaring wat die NSA tydens die geleentheid uitgereik het, word gesê dat tydige en akkurate statistiek en data nodig gaan wees as Namibië sy landbousektor wil transformeer, tot sy volle potensiaal wil ontwikkel en seker maak voedselsekuriteit word bewerkstellig.
Die projek, wat as ʼn vennootskap tussen FAO Namibië en NSA, met die betrokkenheid van ander belangegroepe soos die ministerie van landbou, water en grondhervorming, bestuur sal word, sal oor 18 maande geïmplementeer word.
Dit sal dus tot 31 Desember 2023 duur en ongeveer N$3,4 miljoen kos. Die FAO se plaaslike verteenwoordiger, me. Farayi Zimudzi, het tydens die geleentheid gesê die organisasie sal die finansiering asook die tegniese ondersteuning vir die projek bied.
Zimudzi het verduidelik ʼn verdere doel is om ook langtermyn- en volhoubare finansiering in plek te stel vir ʼn landbou-statistieke stelsel, terwyl ʼn dokument opgestel moet word vir ʼn nasionale landbousensus. Tesame hiermee, moet daar ook beplanning en ʼn begroting vir die sensus opgestel word.
Die NSA sê die beplanning vir die landbousensus is een van die sleuteldoelwitte van die projek.
Die sensus sal uiteindelik besluitnemers help as dit kom by besluite oor kwessies soos voedsel-, landbou- en landelike ontwikkeling.
Die NSA sê verdere doelstellings is om seker te maak goeie meganismes is in plek om die landbousektor in die bestaande en toekomstige strategiese planne van die agentskap te integreer.
“Om die land te help om aan ’n groeiende vraag na hoë gehalte statistiek te voldoen, wat so na as moontlik aan ‘werklike tyd’ is en ook toeganklik is, moet daar strategieë ontwikkel word . . .” het die NSA se uitvoerende hoof, mnr. Alex Shimuafeni, tydens die geleentheid gesê.
Zimudzi het ook gesê die FAO se platform vir statistiek (FaoStat), bied byvoorbeeld gratis toegang tot voedsel- en landboudata aan meer as 245 lande tot so ver terug as 1961.
“Soos ons vandag hier byeen is om hierdie belangrike dokument te onderteken . . . is ons hoofdoel as die FAO om Namibië te ondersteun in die versameling, ontleding en verspreiding van die data, asook om te help dat goed-ingeligte beleids- en strategiese besluite gemaak kan word sodat die land sy doelwitte vir sosioëkonomiese ontwikkeling kan bereik,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie