Die Rietfontein-satellietkampus van Nust word nou na Otavi verskuif. FOTO NUST
Die Rietfontein-satellietkampus van Nust word nou na Otavi verskuif. FOTO NUST

Nust verskuif landboukampus na Otavi

Augetto Graig

Die raad van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) het die verskuiwing van die universiteit se landbou-satellietkampus van Rietfontein na Otavi goedgekeur.

Volgens ’n aankondiging verlede week het ’n raadsvergadering wat op 6 Februarie gehou is, Otavi as die nuwe ligging bekragtig.

Ongeveer 84 skole in die Otjozondjupastreek bedien meer as 48 000 leerlinge, waarvan baie slegs beperkte toegang tot onderrig op universiteitsvlak het.

Die Otavi-dopsraad het grond vir die vestiging van die nuwe satellietkampus toegeken.

“Die verskuiwing van studente en personeel sal deur ’n gefaseerde benadering uitgevoer word, wat begin met die voorsiening van tydelike geriewe om onmiddellike akademiese aktiwiteite te ondersteun, tesame met die beplande ontwikkeling van ’n permanente, doelgeboude kampus,” het Nashilongo Gervasius, waarnemende direkteur vir korporatiewe betrokkenheid, bevestig.

– Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2026-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer