President Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto Namibiese Presidensie
President Netumbo Nandi-Ndaitwah. Foto Namibiese Presidensie

NNN: Moenie vleispryse verhoog

Desmarius Hansen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het besighede gewaarsku om nie pryse onder die dekmantel van die uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) op te stoot nie en gesê die krisis mag nie gebruik word om verbruikers en geraakte gemeenskappe uit te buit nie.

“Hierdie uitbreking mag nie ’n geleentheid word om nood deur opgeblase pryse uit te buit nie,” het die president Maandagaand in ’n hoëvlak-toespraak oor die BKS-uitbreking gesê.

Sy het ’n beroep op besighede gedoen wat veeprodukte, kritieke materiaal en noodvoorrade verskaf om verantwoordelik op te tree terwyl die regering maatreëls instel om die siekte in te perk.

Die president het gesê die reaksie behoort sowel inperking as herstel te ondersteun, aangesien bewegingsbeperkings en ontwrigtings in handel steeds druk op boere, werkers en besighede regoor die veewaardeketting plaas.

Haar waarskuwing kom terwyl die regering sy reaksie op die uitbreking verskerp, met 127 positiewe gevalle wat oor 15 plase aangeteken is nadat 29 313 diere op 68 plase geïnspekteer is. Nandi-Ndaitwah het alle belanghebbendes aangespoor om saam met die owerhede te werk en op geverifieerde inligting staat te maak.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-10-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer