No Image Caption

Nampo breek bywoningsrekord

Francoise Steynberg
Agri Monitor het die 57ste Nampo Oesdag, aangebied deur Graan SA van 13 tot 16 Mei by Nampo-park buite Bothaville in die Vrystaat bygewoon. Suider-Afrika se grootste en mees invloedryke landbouhandelskou het 'n rekordbywoning van 87 191 besoekers oor vier dae en meer as 900 uitstallers gehad. Verlede jaar is die skou deur meer as 86 000 besoekers bygewoon. Altesaam 377 vliegtuie en 69 helikopters het daar geland. Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa en sy adjunk, Paul Mashatile, het die skou besoek, asook die landbouminister John Steenhuisen en Dean Macpherson, minister van werke en infrastruktuur. Lees môre die volledige berig in Agri Monitor en moenie vanaand Agri Monitor se program op NTV op DStv (285), GoTV (285) of oneuptwo.com/ntv misloop nie. Foto Nampo

Kommentaar

Republikein 2025-07-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer