Namibië voer 96% van sitrusvrugte in
NAB belê N$250 miljoen oor die volgende vyf jaar
Namibië se sitrusbedryf word ontsluit en pogings versterk om 'n veerkragtige en mededingende gewaswaardeketting te ontwikkel.
Sitrus is die derde mees verbruikte vrugte in Namibië, maar 96% van die produkte word ingevoer, wat meer as N$57,6 miljoen per jaar beloop.
Dit is volgens die Namibiese Akkerbouraad (NAB), wat onlangs ’n hoëvlakvergadering op Tsumeb met sleutelrolspelers in die bedryf aangebied het.
Volgens die NAB se woordvoerder, Liseli Mwilima, is kommersiële sitrusproduksie in die Karst-, sentrale, suidelike en Oranjerivier-produksiesones gekonsentreer.
Sy het gesê ongeveer 1 783 ton sitrus sal na verwagting in 2025 geoes word, met meer as 150 000 sitrusbome wat landswyd geplant word.
Volgens Mwilima word 70% van sitrusprodukte deur formele markte en 30% deur informele kanale verkoop.
“Primêre uitvoere is vir Suid-Afrika en Angola bestem, wat meer as N$23,9 miljoen in 2024 ingebring het. Namibië voer jaarliks meer as N$136 miljoen in sitrusplantmateriaal in.”
Mwilima het bygevoeg die meeste sitrusvrugte word in die Staatskoerant as beheerde produkte ingevolge die wet op akkerbounywerheid gepubliseer. Namibië vereis ’n nasionale sitrusgehaltestandaard om konsekwente produkgehalte en marktoegang te verseker.
Die NAB se uitvoerende hoof, dr. Fidelis Mwazi, het bevestig die NAB sal oor die volgende vyf jaar N$250 miljoen (N$50 miljoen jaarliks) in die ontwikkeling van Namibië se gewaswaardeketting belê.
Hy het die raad se opgedateerde visie- en missieverklarings aangekondig, in ooreenstemming met sy nuwe geïntegreerde strategiese besigheidsplan (ISBP) en gewaswaardeketting-ontwikkelingstrategie vir 2025 tot 2030.
Die hersiene visie posisioneer die NAB nou as ’n wêreldwyd erkende reguleerder van ’n volhoubare, buigsame en innoverende akkerbou- en tuinbousektor.
INTERNASIONALE MAATSTAWWE
Dié strategiese verskuiwing weerspieël die raad se verbintenis om aan internasionale maatstawwe te voldoen en om ’n raamwerk vir voortdurende gehalteverbetering in regulatoriese dienste te vestig.
Die hersiene missie fokus op wetgewing, fasilitering en navorsing en baan ’n proaktiewe weg vir die sektor se vooruitgang.
“Wanneer ons oor die sitrusbedryf praat, praat ons oor potensiaal, werksgeleenthede, buitelandse valutaverdienste en, bowenal, oor die transformasie van die sektor tot voordeel van ons boere en die nasionale ekonomie,” het Mwazi gesê.
Volgens Mwilima het die vergadering ten doel gehad om die potensiaal van Namibië se sitrusbedryf te ontsluit en pogings te versterk om ’n veerkragtige en mededingende gewaswaardeketting te ontwikkel.
Verteenwoordigers van die Plaaslike Kwekery- en Sitruskwekersvereniging, Namibiese Verenigings van Tuinbouprodusente en van Handelaars in Vars Produkte, sitrusuitvoerders, kleinboereprodusente, die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming, die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad (NIPDB), die Landbouhandelsforum en die Namibiese Standaarde-instelling het die vergadering bygewoon.
Sy het gesê die vergadering is afgesluit met ’n insiggewende toer van die Koedoebos-sitruspakhuis, wat ’n gedeelde verbintenis versterk om Namibië se sitrusbedryf te laat groei en sy mededingendheid te verbeter.
“Hierdie pogings is deel van ’n breër poging om kleinboere in kommersiële produksie te integreer, uitvoerpotensiaal te verbeter en die sektor se bydrae tot Namibië se BBP [bruto binnelandse produk] te verhoog.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie