Minder bewarea in private besit kan nadelig wees
Verteenwoordig 6% van kommersiële landbougrond
Met die ondersteuning van die omgewingsministerie het CANAM ten doel om al die bewaringsgebiede landswyd te koördineer en te verteenwoordig, hetsy in kommunale gebiede of op private grond.
Die gevolglike afname in die aantal en grootte van bewaringsgebiede in private besit sal nadelig wees op beide ’n ekologiese en ekonomiese vlak.
Dit weens die feit dat uitdagings van klimaatsverandering Namibië in die gesig staar sowel as internasionale druk wat op die land geplaas word vir die volhoubare gebruik van wild.
Volgens die Namibiese Vereniging vir Wildbewaring (CANAM) huisves landbougrond in private besit 80% van die land se wild, wat voortspruit uit vooruitdenkende beleide, en wat geïmplementeer is om private eienaarskap van wilde diere moontlik maak.
Die vereniging het gesê private boere sal baie meer tot nasionale bewaringspogings en wêreldwye teikens kan bydra as hul bewaringsgebiede ten volle deur die regering ondersteun en aangespoor word.
Namibië het 21 bewaringsgebiede in private besit, wat meer as 6% van die kommersiële landbougrond verteenwoordig.
Dié bewaringsgebiede is vrywillige verenigings van private kommersiële boere wat toegewyd is aan omgewingsbewaring en word deur CANAM bestuur. Die eerste bewaringsgebied is in 1991 gestig.
Dit verklaar waarom, hoewel baie mense bewus is van die geskiedenis en rol van kommunale bewaringsgebiede in Namibië, min weet van die bewaringsbeweging op private plase wat met die stigting van die Ngarangombe-bewaringsgebied in 1991 begin het.
Die vereniging het gesê private boere het voorheen begin om wild op hul plase te bewaar ingevolge die Natuurbewaringsordonnansies van 1967 en 1975, wat grondeienaars die reg gegee het om wild op hul grond vir ekonomiese doeleindes te besit en te gebruik.
“Namate wildgetalle toegeneem het omdat wild gevolglik waarde toegevoeg het vir trofeejag, verkope van lewende diere, vleis en ook fotografiese toerisme, het meer grondeienaars wildwerende omheinings opgerig om die wild op hul plase te hou.”
CANAM sê dié praktyk het die migrasieroetes van groot troppe vlaktewild afgesny, wat toe meer intensiewe wildboerdery vereis het om hul getalle op ’n ekologies volhoubare wyse te handhaaf.
Met die begrip van die langtermyn-ekologiese kwessies wat die onderverdeling van grond vir wild sou inhou, het sommige private boere dit oorweeg om hul plase saam te voeg en hul wild saam te bestuur, volgens die vereniging.
Hierdie idee is sterk deur vooruitdenkende regeringsamptenare in die vroeë 90’s ondersteun, wat boereverenigings oraloor die land besoek het en die stigting van die eerste bewaringsgebiede moontlik gemaak het, aldus CANAM.
“Vyf jaar voor wetgewing aanvaar is om bewaringsgebiede op gemeenskaplike grond toe te laat, was boere die baanbrekers in hierdie eerste private bewaringsgebiede.”
Die vereniging sê ’n bewaringsgebied word gedefinieer as ’n wetlik beskermde gebied van bona fide-grondeienaars wat samewerkende bestuur beoefen, gebaseer op ’n volhoubare benuttingstrategie, wat die bewaring van natuurlike hulpbronne en wild bevorder. Dit terwyl hulle daarna streef om die oorspronklike biodiversiteit te herstel met die doelwit om hulpbronne tussen alle lede te verdeel. Dié definisie sluit mense in wat op kommunale grond woon, wat nog die wetlike reg moet ontvang om hul eie bewaringsgebied te vestig.
Teen 1996 het die aantal bewaringsgebiede in private besit aansienlik gegroei, wat ’n behoefte aan meer omvattende koördinering geskep het en ’n verenigde stem om uitdagings en samewerking met die destydse ministerie van omgewing en toerisme te bespreek. CANAM is gestig om in hierdie behoefte te voorsien.
Met die ondersteuning van die omgewingsministerie het CANAM ten doel om al die bewaringsgebiede landswyd te koördineer en te verteenwoordig, hetsy in kommunale gebiede of op private grond.
“Ongelukkig, as gevolg van die verskillende wetlike vereistes vir die stigting van kommunale bewaringsgebiede, is hulle gedurende daardie tyd afsonderlik van bewaringsgebiede in private besit ondersteun en ontwikkel.”
Dit het gelei tot beperkte samewerking oor die tipes grondgebruike en het CANAM beperk om slegs bewaringsgebiede in private besit te verteenwoordig.
Hierdie skeiding het die afgelope paar dekades veroorsaak dat die steun vir private bewaringsgebiede van die regering en nieregeringsorganisasies (NGO’s) gedaal het, wat gelei het tot ’n afname in CANAM-lidmaatskap en die uiteindelike afname in grootte of ontbinding van talle bewaringsgebiede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie