Meatco sê produsente sal betaal word

Reaksie op landbou-unies se brief
Meatco sê hulle streef daarna om produsente betyds te betaal en versoek belanghebbendes om hulle in hierdie uitdagende tyd tegemoet te kom.
Ellanie Smit
Nadat landbou-unies onlangs hul ontevredenheid oor Meatco uitgespreek het, het dié beesvleisuitvoermaatskappy gesê dat hy weens die herhaalde droogte ’n verantwoordelikheid het om boere te help om hul vee te verminder en om slagbeurte by sy abattoir te skep om soveel diere te akkommodeer as wat nodig is.

Die uitvoerende hoof van Meatco, Mwilima Mushokabanji, het gesê die maatskappy het gesê hy het ook die verantwoordelikheid om opbrengste vir produsente te maksimaliseer om te verseker dat hulle nie geld op hul beleggings verloor nie.

“Meatco sal deurlopend na ons produsente uitreik en altyd verseker dat hulle betaal word wat aan hulle verskuldig is.”

Mushokabanji het gesê weens die droogte werk die abattoir teen ’n hoë kapasiteit van 11 000 diere per maand.

“Ons is operasioneel op hierdie manier omdat Meatco as ’n kommersiële entiteit ’n dubbele doelwit het om wins te genereer en winsgewend te bly. Meatco het ’n openbare beleidsdoelwit om boere te help om hul diere te bemark terwyl hulle in ’n goeie kondisie is om voort te gaan om ’n inkomste te genereer.”

Hy het dus belanghebbendes versoek om hulle in hierdie uitdagende tyd tegemoet te kom.

“Ons streef daarna om ons produsente betyds te betaal, want dit bly ons uiteindelike doelwit. Ons sal egter dalk nie altyd binne die 30 dae-betaaltydperk kan betaal nie, maar produsente sal binne een of twee weke ná die 30 dae verby is betaal word.”

Mushokabanji het gesê indien hulle versuim om produsente betyds te betaal, sal hulle dit vooraf aan die produsente kommunikeer.

UNIES ONTEVREDE

Verskeie landbou-unies het ’n brief aan die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, gerig waarin hulle beweer dat Meatco se herhaalde onvermoë om boere betyds te vergoed, hul vertroue in dié maatskappy ondermyn.

Die betrokke unies sluit in die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), die Namibiese Ontluikende Kommersiële Boerevereniging (Necfu) en die Namibië Landbou-unie (NLU).

Die brief is ook aan Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, die uitvoerende direkteur van finansies, Titus Ndove en Meatco se voorsitter, Sakaria Nghikembua, gestuur.

Die unies het gesê dat Meatco ’n kritieke rol speel om die beesbedryf te onderhou en te stabiliseer, veral gedurende hierdie tydperk van droogte.

NOG KWESSIES

Die unies het ook gesê die noordelike kommunale gebied (NCA’s) ly onder ’n gebrek aan vee van ’n hoë kwaliteit wat aan slagplase verskaf word.

Hulle meen die rede hiervoor is die lae produsentepryse wat in die NCA’s ontvang word, wat 40% laer is as die pryse suid van die veterinêre kordonheining. Dit volgens statistieke van die Lewendehawe- en Veeprodukteraad van Namibië.

“Daarom is dit noodsaaklik dat die regering intussen voorsiening maak vir ’n NCA-gelykstellingsfonds om voorsiening te maak vir die gaping wat in pryse gerealiseer word, terwyl internasionale markte ontwikkel word en die goeie praktykskode behoorlik toegepas word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%