Meatco: N$13,2 m. se verlies in NCA

Herstel van kwarantyngeriewe nodig
Meatco het volgens sy jaarverslag beoog om 9 167 beeste by die abattoir te slag, wat beteken dit het 'n tekort aan deurset van sowat 5 353 beeste gehad.
Elvira Hattingh
Teen Januarie is slegs 3 048 beeste by die Katima Mulilo-abattoir op ’n jaar tot datum basis geslag.

Die lae verslagtingsyfer is glo daaraan toe te skryf dat net een kwarantynkamp van die abattoir operasioneel is.

Meatco verduidelik in sy jaarverslag wat verlede week uitgereik is dat slegs diere wat onder kwarantyn geplaas is, geslag kan word. Terselfdertyd het die Katima Mulilo-fasiliteit glo ernstige herstelwerk nodig om seker te kan maak dit kan funksioneer.

Die tydperk onder oorsig is vanaf 1 Februarie 2022 tot 31 Januarie 2023.

Volgens die verslag het Meatco beoog om 9 167 beeste by die abattoir te slag, wat beteken dit het ’n tekort aan deurset van sowat 5 353 beeste gehad.

“Meatco het in die noordelike kommunale gebied (NCA) ’n opbrengs van sowat N$60,5 miljoen getoon, teenoor ’n begrote opbrengs van N$99,6 miljoen,” lui die verslag.

“Teen Desember 2022 het Meatco se verlies in die noordelike kommunale gebied op sowat N$13,2 miljoen gestaan, teenoor ’n verlies van N$1,15 miljoen waarvoor begroot is. In Januarie 2023 is ’n verlies van N$1,2 miljoen aangeteken – hoofsaaklik weens die lae getal beeste wat geslag en verkoop is,” word verduidelik.

NET SES MAANDE

Direkteure verduidelik egter dat die abattoir slegs in Junie verlede jaar met verslagting begin het en daarin geslaag het om sy opbrengs van N$2 miljoen in die 2022-boekjaar na N$40 miljoen in die 2023-boekjaar te verminder, terwyl verliese met 68% gekrimp het.

“Herstelwerk word by die kwarantynfasiliteit gedoen, wat eindelik sal help dat die verkryging van diere by Katima Mulilo ongehinderd kan plaasvind. Dit behoort die abattoir in ’n winsgewende fasiliteit te omskep.

Daarbenewens behoort die Rundu-abattoir teen die einde van Junie aan Meatco oorhandig te word. Dit behoort toegang tot sowat 500 kleinboere te hê.

HOOP

Meatco sê egter hul bedrywighede by die abattoir verbeter voortdurend en dat hulle na verwagting sekere doelwitte sal bereik, wat die fondasie sal lê vir verbeterde opbrengste in die komende boekjaar.

Vee wat op Katima Mulilo geslag word, word in markte suid van die veterinêre kordonheining (VCF), Angola, Ghana en in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), bemark. Meatco sê verkope het in die laaste kwartaal van die boekjaar toegeneem.

“Markte suid van die VCF het 44% van die produkte gekoop, NCA-markte 34% en 22% is aan uitvoermarkte gelewer,” het Meatco in sy jaarverslag gesê.

Hiervolgens het Angola Meatco sowat N$50 per kg vir die vleis betaal, Ghana het N$79 per kg betaal, die DRK N$103 per kg en groothandelaars N$63 per kg. Plaaslike aankopers binne die NCA het ook N$50 per kg betaal.

Primêre, ontbeende snitte is suid van die VCF bemark. Sowat 88,8% van die beeste wat by die abattoir bemark is, was C-grade, 10,2% was B-grade en net sowat 1% was A- of B-grade. Daarbenewens het die gemiddelde karkas 208 kg geweeg met ’n uitslagpersentasie van 52%.

“Verskeie kleinhandelaars asook toerisme-ondernemings in die NCA koop egter hul vleisprodukte van slaghuise suid van die VCF. Bestaande kontrakte met verskaffers suid van die VCF asook kwessies oor gehalte word dikwels as ’n rede voorgehou. Dog is die gehalte van produkte wat by Katima Mulilo of by die Meatco-slageenheid geproduseer word, vergelykbaar met produkte suid van die VCF,” sê Meatco.

SUKSES

Meatco sê sy sukses in die NCA’s is afhanklik van operasionele doeltreffendheid en pogings om opbrengste uit sy markte te maksimaliseer.

“Die NCA-mark bly winsgewend vir die meeste bestuurders van abattoirs suid van die VCF.

“Vir baie jare kon NCA-boere nie toegang tot nismarkte kry nie. Die geleenthede is nou beskikbaar danksy Meatco se robuuste strategie vir markontwikkeling,” het Meatco se uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, in ’n mediaverklaring gesê.

Meatco kon markte vir die vleisprodukte open danksy die toepassing van ’n kommoditeitsgebaseerde handelsprotokol.

“Ons is tans besig met finale onderhandelings om markte vir NCA-vleis in die Midde-Ooste te betree.

“Meatco het die mylpale bereik deur ’n inklusiewe agenda te dryf om alle produsente te bedien, ongeag waar in Namibië hulle woon,” het hy gesê en bygevoeg dat Meatco bereid is om die Rundu- en Oshakati-abattoirs te dryf om marktoegang vir NCA-boere te bewerkstellig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.71 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.71 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.44/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.59/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 917.40/T UP 2.08% | Brent Crude Oil US$ 88.55/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 936.17/OZ UP +2.48% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 14° | 31° Rundu: 14° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 17° | 31° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:27, High tide: 06:24, Low Tide: 01:00, High tide: 19:07 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 13km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:22, Low Tide: 00:58, High tide: 19:05 Walvis Bay: 17° | 27° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 12:25, High tide: 06:21, Low Tide: 00:58, High tide: 19:04 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 34° Oranjemund: 17° | 26° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 16° | 29° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 15° | 20° Durban: 19° | 32° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 27° Harare: 11° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.71 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.67 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1355 | USD to ZAR 18.71 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.44/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.59/lb UP +0.94% | Zinc US$ 2 917.40/T UP 2.08% | Brent Crude Oil US$ 88.55/BBP DOWN -0.0047 | Platinum US$ 936.17/OZ UP +2.48%