Die beessektor se produksiewaarde was sowat N$2,5 miljard in 2021 - wat dit landbou se sterkste sektor maak. FOTO ELVIRA HATTINGH
Die beessektor se produksiewaarde was sowat N$2,5 miljard in 2021 - wat dit landbou se sterkste sektor maak. FOTO ELVIRA HATTINGH

Landbou staan op uit die stof

Meeste sektore sien positiewe opbrengste
Die totale landbousektor se produksiewaarde het tussen 2020 en 2021 met 'n stewige 7,3% toegeneem van sowat N$6,3 miljard in 2020.
Elvira Hattingh
Terwyl die meeste landbousektore in 2021 positiewe opbrengste getoon het vanweë goeie pryse wat betaal is, het die plaaslike pluimveebedryf vir die derde agtereenvolgende jaar sterk groei in terme van produksiewaarde getoon.

Teen sowat N$1,2 miljard, is die produksiewaarde van die bedryf nou die tweede meeste in die land. Dit word slegs deur die beesbedryf oortref, waarvan die produksiewaarde sowat N$2,5 miljard in 2021 was.

Volgens ‘n verslag deur die Namibië Landbou-unie (NLU) wat na afloop van die vierde kwartaal van 2021 uitgereik is, het ‘n hoë vraag na beeste, skape en bokke produsente se pryse opgestoot, wat beteken die produksiewaarde van dié drie sektore het onderskeidelik met 12,3%, 22,5% en 26,3% gestyg.

Die totale landbousektor se produksiewaarde het tussen 2020 en 2021 met ‘n stewige 7,3% toegeneem, van die sowat N$6,3 miljard in 2020. Dit staan nou op ongeveer N$6,7 miljard.

Dit is egter nog nie weer op 2017 se vlakke, toe dit net meer as N$7 miljard was.

Terselfdertyd is die akkerboubedryf ook ‘n uitblinker, met ‘n produksiewaarde wat tussen 2020 en 2021 met 30% geklim het. Dit het in 2019 op sowat N$162 miljoen gestaan, maar in 2020 tot N$406 miljoen gegroei en verlede jaar tot N$529 miljoen.

Die produksiewaarde van houtskool en vars groente en vrugte het ook oor die afgelope drie jaar toegeneem en tussen 2020 en 2021 met onderskeidelik 10,1% en 10% gegroei.

Die suiwelbedryf is egter ‘n uitsondering omdat dit vir die derde agtereenvolgende jaar ‘n negatiewe inkomste getoon het. In 2021 het die sektor se produksiewaarde met ‘n verdere 12,3% gekrimp.

PLUIMVEE

Die geraamde produksiewaarde van die pluimveebedryf, wat braaihoender- en eierproduksie insluit, het in 2021 op N$1,2 miljard gestaan.

Dit verteenwoordig ‘n jaar-op-jaar verhoging van 13,4%.

“Dis meegebring deur ‘n groei in die verkope van braaihoender, terwyl die subsektor vir eierproduksie se bydrae met 19,3% verminder het teenoor die vorige jaar. ‘n Toestroming van ingevoerde eiers het die inkrimping veroorsaak, en het plaaslike produsente genoop om hul produksie met 20% te verlaag.

Nietemin, in 2019 was dié sektor se geraamde produksiewaarde sowat N$1 054 426 589. In 2020 het dit geklim tot N$1 060 433 269, voor dit in 2021 opgeskiet het na N$1 202 514 310.

AKKERBOU

Graan- en tuinbouprodusente het ook goeie reën ontvang, wat hul produksie verbeter het.

Die geraamde produksiewaarde van akkerbou en tuinbou het dus met onderskeidelik 30,2% en 10% gestyg.

“Tydens 2021 het druiweproduksie egter met 13,6% gedaal, wat op die beurt die inkomste van produsente met 24,5% verminder het,” het sy verduidelik.

SWAKARA

Volgens die NLU het die Swakara-sektor ook ’n goeie herstel op ‘n jaar-tot-jaar basis getoon.

Terwyl die sektor in 2020, as gevolg van die pandemie en gepaardgaande inperkings, se inkomste 87,9% minder as in 2019 was, het dit jaar-op-jaar in 2021 met 146,7% gegroei.

Me. Bertha Ijambo van die NLU het die verslag saamgestel.

Die sektor se gemiddelde produksiewaarde is teen sowat N$37 miljoen tussen 2016 en 2019 beraam. Die bedrag het tot so min as N$2,7 miljoen in 2020 gedaal, maar in 2021 weer tot N$6,8 miljoen gestyg. Dit is steeds 20% minder as sy historiese waarde.

Ijambo sê sedert die toepassing van die varkpromosieskema, is plaaslike produksie van vark stabiel.

“Boonop het die plafonprys van N$34,80/kg na N$37,90/kg gegroei, wat ‘n verhoging van 8,8% verteenwoordig,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!