Kabinet waarsku teen sprinkaanswerms
Waarskynlike verspreiding na Namibië
In die Noorde is daar reeds 'n uitbreking van 'n kommandowurmplaag aangemeld en daar word nou teen sprinkaanswems gewaarsku.
Die kabinet het opdrag aan die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming gegee om die moontlike uitbreking van insekplae tydens die milde reënseisoen dop te hou.
In die Noorde is daar reeds 'n uitbreking van 'n kommandowurmplaag aangemeld en daar word nou teen sprinkaanswems gewaarsku.
Die kantoor van die eerste minister het verlede week tydens die eerste kabinetsitting die nuwe kabinet oor die reënvalsituasie ingelig. Die vooruitsigte van 'n sprinkaan-uitbreking in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemenskap (SADC)-streek en "die waarskynlike verspreiding na Namibië", is ook bespreek.
"Die grootste deel van Namibië het normale reënval ontvang, terwyl sommige dele bo-normale reënval tussen Februarie en Maart ontvang het," het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, tydens die kabinetsbeslissings aangekondig.
Sy het gesê die kabinet het die landbouministerie opdrag gegee om te begin met gemeenskapsbewusmaking van die uitbreking en beheer vir sprinkane en ander plae.
"Die kabinet het ook die ministerie van verdediging en veteranesake opdrag gegee om die nodige lug- en ander bystand te verskaf wat nodig is om die uitbreking van die sprinkane in die land te beheer," het Theofelus gesê.
Verlede jaar het rooi treksprinkane in sommige dele van die Zambezistreek se riviergebiede, asook in die Ohangwenastreek voorgekom.
Twee jaar gelede het bruinsprinkaanswerms erge verwoesting in die ||Kharas- en Hardapstreek gesaai.
Tans teister 'n kommandowurmplaag gewasse in die Oshana- en Omusatistreek wat vrese vir misoeste van mahangu, mielies en sorgum vererger.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie