Hoe BKS versprei en waar om dit te stuit
Bek-en-klouseer (BKS) is ’n hoogs aansteeklike virussiektes wat diere met gesplete hoewe – insluitend beeste, skape, bokke en varke – aantas.
Dit versprei deur besmette diere, toerusting, voertuie, klere, skoene, voer en diereprodukte. Onder gunstige omstandighede kan die virus ook in druppels en aërosols versprei.
Beweging hou ’n groot risiko in. Die vervoer van besmette vee, die deel van weiveld of waterpunte en om ongemagtigde toegang tot plase toe te laat, kan die virus na siektevrye gebiede versprei. Om die verspreiding daarvan te stuit, vereis streng biosekuriteit op elke vlak. Boere behoort siek diere te isoleer, vermoedelike gevalle onmiddellik aan te meld, besoekers te beperk en voertuie en toerusting te ontsmet.
Die beweging van vee moet aan veterinêre beheermaatreëls voldoen, terwyl markte, abattoirs en vervoeroperateurs amptelike beperkings moet nakom.
Vroeë opsporing, verantwoordelike beweging en konsekwente biosekuriteit is noodsaaklik om Namibië se kuddes en lewensbestaan te beskerm.
Besoek https://www.fmdsupportfund.com/ vir meer inligting.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie