Groenskemas bestee jaarliks N$12 miljoen aan elektrisiteit
Ministerie beplan om na sonkrag oor te skakel
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming is bewus van die situasie en ondersoek tans alternatiewe energie-oplossings, veral die gebruik van sonkrag, om koste op die lang termyn te besnoei.
Die Ndonga Linena-groenskema in Kavango-Oos bestee byna N$1 miljoen per maand aan elektrisiteit, wat meer as N$12 miljoen per jaar beloop – ’n koste wat steeds die bedrywighede by dié regeringsplaas belemmer.
Dit is bevestig deur Ndonga Linena se plaasbestuurder, Janno Rentel, wat aan Network Media Hub (NMH) gesê het dat elektrisiteit die skema se grootste finansiële las bly.
“Dis ons grootste ondergang by Ndonga," het Rentel gesê en verduidelik dat die hoë koste om besproeiingstelsels deurentyd aan die gang te hou, onvolhoubaar geword het.
Hy het gesê die ministerie van landbou, water en grondhervorming is bewus van die situasie en ondersoek tans alternatiewe energie-oplossings, veral die gebruik van sonkrag, om koste op die lang termyn te besnoei.
In ’n verslag wat verlede jaar gepubliseer is, het die ministerie aangedui dat hy sonkrag-aangedrewe besproeiingstelsels ondersoek om stygende kragrekeninge by sy groenskemas te beperk. Die ministerie se voormalige woordvoerder, Jona Musheko, het destyds aan die media gesê elektrisiteitskoste het ’n herhalende uitdaging geword.
“Met rekeninge wat tans op sommige plekke so hoog as N$400 000 per maand beloop, kan hierdie inisiatief [sonkrag] elektrisiteitsuitgawes moontlik met tot 90% verminder, wat die herbelegging van winste in verhoogde produktiwiteit en groei binne die skemas moontlik maak,” het Musheko gesê.
BESPROEIING
Hy het bygevoeg dat kragkoste deur deurlopende besproeiing opwaarts gedryf word, wat dwarsdeur die dag en nag benodig word, ongeag die seisoen.
“Gedurende die twee jaar van die bedryf van die groenskemas, was die elektrisiteitsrekening ’n groot probleem, wat baie van die gegenereerde inkomste verbruik het. Ons doel is om afhanklikheid van die kragnetwerk te verminder en elektrisiteitsrekeninge soveel as moontlik te verminder,” het hy gesê.
Toe die landbouministerie weer vir ’n opdatering gekontak is, is aan NMH bevestig dat die ministerie 'n bykomende begroting versoek het om sonkragstelsels vir die groenskemas aan te koop.
“Die ministerie het energie-oudits by alle groenskemaprojekte begin om energieverbruikskoste akkuraat te bepaal,” het die ministerie skriftelike gereageer.
“Hierdie oudits sal die gepaste grootte en installering van sonkragenergie by elke plek lei.”
Die ministerie het verder bevestig dat die implementering van hernubare energie sy prioriteit is.
“Ons het ’n bykomende begroting versoek om sonenergie aan te skaf,” het die minsterie gesê, en bygevoeg dat die oorskakeling na sonkrag by alle skemas, insluitend Ndonga Linena, ernstig oorweeg word.
Benewens kragkoste, het die ministerie ’n aantal ander bedryfsuitdagings uiteengesit wat groenskemas landswyd raak. Dit sluit in hoë produksiekoste as gevolg van ingevoerde kunsmis, saad en chemikalieë, ’n opgeblase loonrekening, verouderende masjinerie, swak grondgehalte in sommige gebiede en ’n gebrek aan marktoegang vir koring en ander gewasse.
Om hierdie uitdagings te takel, het die ministerie gesê hoëvlak-konsultasies is aan die gang om kunsmisaanlegte op te rig, nuwe bestuursmodelle vir openbare-private-vennootskappe te ontwikkel en strategieë te ondersoek om plaaslike verwerkingskapasiteit van koring te verhoog.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie