No Image Caption

Geen speenkalf-uitvoer meer na Suid-Afrika

Ronelle Rademeyer
Die uitreik van gesondheidsertifikate vir die uitvoer van beeste op die hoef na Suid-Afrika, is met onmiddellike effek deur die direktoraat veeartsenydienste (DVS) opgeskort.

Dit volg nadat Suid-Afrika die afgelope week ‘n verbod op die beweging van vee afgekondig het in ‘n poging om die talle bek-en-klouseer-uitbrekings in die land onder beheer te bring.

Suid-Afrika is Namibië se grootste mark vir die uitvoer van lewende speenkalwers.

Volgens die Vleisraad van Namibië is 68 429 beeste tydens die tweede kwartaal vanjaar bemark. Hiervan is 38 290 op die hoef na Suid-Afrika asook buurlande soos Angola, Botswana en Zambië uitgevoer, terwyl 23 880 by uitvoergoedgekeurde abattoirs en 6 259 by B- & C-klas abattoirs bemark is.

Kommentaar

Republikein 2025-08-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer