Geen roetine inenting teen bek-en-klouseer
Ernstige krisis in Suid-Afrika
Die NLU verduidelik waarom Namibië geen roetine-inenting in die BKS-vrye sone doen nie.
Met voortdurende bek-en-klouseer (BKS)- uitbrekings in naburige Suid-Afrika word daar gereeld vrae gevra waarom beeste in Namibië se BKS-vry sone nie as ’n voorkomende maatreël geënt word nie.
Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) is Namibië se benadering daarop gemik om sy internasionaal erkende BKS-vrye status sonder roetine-inenting te beskerm.
"Hierdie status is van kritieke belang vir toegang tot hoëwaarde-uitvoermarkte. Roetine-inenting maak dit moeiliker om te bewys dat diere werklik siektevry is, aangesien ingeënte beeste teenliggaampies ontwikkel wat moeilik onderskei kan word van dié wat deur natuurlike infeksie veroorsaak word," lui die NLU se weeklikse nuusbrief.
"Indien Namibië voorkomende inenting sou instel, kan dit marktoegang belemmer en ernstige ekonomiese gevolge vir die veebedryf hê, selfs in die afwesigheid van ’n uitbreking.
"In plaas daarvan fokus Namibië op streng bewegingsbeheer, toesig, grensmaatreëls en vinnige reaksievermoë. Inenting bly ’n opsie tydens ’n uitbreking, maar slegs op ’n beheerde en doelgerigte wyse," sê die NLU.
"Om nie te ent nie is dus ’n doelbewuste strategie om marktoegang en langtermyn waarde vir boere te beskerm, terwyl die risiko van BKS deur voorkoming en paraatheid bestuur word."
BUURLAND
In Suid-Afrika waarsku boere die BKS-krisis is so ernstig is dat Suid-Afrika se voedselsekerheid in die gedrang is. Boere word gedwing om honderde diere van kant te maak, talle produsente staan op die rand van bankrotskap en uitvoer het feitlik tot stilstand gekom. Die landbouminister John Steenhuisen, het intussen die regering se nuwe aksieplan aangekondig, wat massa-inenting insluit. Miljoene eenhede entstof word vanaf Turkye, Argentinië en Botswana te bekom. Volgens sommige boere is dié ingryping egter te laat en hulle glo die krisis verg dringender en beslissender optrede.
Intussen is stamme van die (BKS)-virus is vir die eerste keer in 14 jaar vanaf die buurland na die Pirbright-instituut in Brittanje gestuur.
Steenhuisen het aan die Landbounavorsingsraad (LNR) opdrag gegee om die stamme dringend na Pirbright te stuur.
Sonder die Pirbright-toetse kan maatskappye nie met sekerheid sê of die entstowwe wat hulle vervaardig werklik doeltreffend is teen die Suid-Afrikaanse stamme van die bek-en-klouseer-virus nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie