Daar word nagelaat om teen 'korrupte werknemers' op Groenskemas op te tree, meen 'n ingeligde bron. FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO PIXABAY.COM
Daar word nagelaat om teen 'korrupte werknemers' op Groenskemas op te tree, meen 'n ingeligde bron. FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO PIXABAY.COM

Geen gevolge vir ‘korrupte werker’ by groenskema

Landbouministerie ‘nie gemaklik’ om met media te praat
Geen stappe is nog gedoen teen 'n werknemer van die Ndonga Linena-groenskema wat glo reeds in 2019 verskeie ernstige oortredinge begaan het nie.
Elvira Hattingh
Meer as ‘n jaar nadat ‘n werknemer op die Ndonga Linena-groenskema en -besproeiingsprojek ná ‘n interne ondersoek deur AgriBusDev aangekla is van onder meer die diefstal van geld en brandstof, asook die vervalsing van dokumente en ‘n ongemagtigde handtekening, was daar klaarblyklik nog geen optrede teen hom nie.

Volgens ‘n ingeligte bron is hy steeds in diens by die groenskema, wat sowat 80 km van Rundu af geleë is.

Die persoon het die skema glo N$16 877,60 gekos in die vorm van ‘n onregmatige terugbetaling aan ‘n kliënt, terwyl hy ook vort is met 11 sakke hoendervoer ter waarde van N$1 650 asook 70 liter brandstof. Verder het hy N$27 000 se bale laat aflewer sonder dat die ontvanger daarvoor betaal het.

KLAGTE

Luidens ‘n AgriBusDev-verslag gedateer 5 November 2021, wat deur ‘n span afgevaardigdes opgestel is ná ‘n terplaatse ondersoek van beweerde korrupsie op die skema op 2 en 3 November 2021, is bewyse van verskeie misdrywe deur dié werknemer gevind.

Republikein het die verslag onder oë gehad.

Die persoon het glo in 2019 ‘n bedrag van N$36 000 in sy persoonlike rekening laat inbetaal vir grasbale wat deur die groenskema verkoop word.

Toe die skema se baalmasjien egter breek en die bale nie gelewer kon word nie, moes kliënte terugbetaal word. Die werknemer het na bewering ‘n terugbetaling van N$14 200 aan die kliënt gedoen wat die N$36 000 aanvanklik in sy persoonlike rekening inbetaal het, maar die terugbetaling het uit die groenskema se fondse gekom.

GEEN TEKENREG

Volgens ‘n kennisgewing van die klagte teen die werknemer deur AgriBusDev se kantoor vir menslike hulpbronbestuur, het die werknemer die dokumentasie vir die magtiging van dié betaling glo namens die plaasbestuurder geteken, hoewel hy geen tekenregte het nie.

Daarbenewens het hy ook tussen Mei en Augustus in dieselfde jaar toegelaat dat ‘n kliënt 60 ekstra bale ter waarde van N$27 000 ontvang, terwyl geen betaling tot dusver daarvoor ontvang is nie en geen kredietaansoek hiervoor goedgekeur is nie.

In die verslag word daar op soortgelyke kwessies met meer transaksies gewys asook dat 11 sakke hoendervoer glo op skuld gevat is, maar AgriBusDev het geen verdere interne stappe teen hom gedoen nie.

VOERTUIG

Verdere klagte teen dié persoon sluit in die onregmatige gebruik van een van die skema se voertuie vir persoonlike doeleindes asook skade aan die voertuig, wat hy versuim het om aan te meld. Hy is ook daarvan aangekla dat hy glo vier kanne met 70 liter diesel daarin, wat aan die skema behoort het, aan ‘n vriend gegee het.

‘n Ingeligte bron meen die bestuur probeer tyd wen om teen die werknemer op te tree, omdat hy ná ‘n sekere tydsverloop nie meer vervolg kan word nie.

“Die aanbevelings is aan die hoof van menslike hulpbronbestuur gestuur, maar nog niks het verder gebeur nie. Dit is die geval by verskeie groenskemas; daar is baie sulke ongerymdhede, maar niks word daaraan gedoen nie en daar kan dus nie van die skuldiges ontslae geraak word nie.”

In die verslag is aanbeveel dat hy sonder betaling geskors moes word en onder meer vir korrupsie, oneerlikheid, die doelbewuste vervalsing van dokumente en meineed aangekla moet word.

MINISTERIE REAGEER

Intussen wou die ministerie van landbou, water en grondhervorming nie enige vrae beantwoord oor moontlike verdere optrede teen die persoon nie.

“Ons is bewus van die saak waarna jy verwys. Gegewe die sensitiwiteit daarvan en die feit dat dit ‘n saak binne ons menslike hulpbron-afdeling is, is ons nie gemaklik daarmee om die saak met die media te bespreek of te deel tot op die punt waar dit heeltemal afgehandel is nie.

“Ons gee gehoor aan sekere beleide om werknemers se sake vertroulik te hanteer en dit geld vir al die sake waarna jy in jou navrae verwys,” het die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, gister op Republikein se navrae geantwoord.

Republikein wou onder meer weet waarom die saak teen die werknemer so uitgerek word en of dit waar is dat indien daar nie binne ‘n sekere tyd teen die werknemer opgetree word nie, die persoon nie meer vervolg kan word nie. Nog ‘n vraag was of ‘n klag teen die werknemer by die polisie aanhangig gemaak is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.29/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0093 | Zinc US$ 2 905.50/T DOWN -0.22% | Brent Crude Oil US$ 84.61/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 963.14/OZ UP +0.80% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.29/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0093 | Zinc US$ 2 905.50/T DOWN -0.22% | Brent Crude Oil US$ 84.61/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 963.14/OZ UP +0.80%