Die koste van wag strek verder as die plaas
Die uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) in Namibië plaas steeds druk op die land se veebedryf, met 131 bevestigde gevalle op 18 plase in die Karasburg-distrik. Volgens die jongste opdatering van die BKS-ondersteuningsfonds word veemarkte steeds geraak, terwyl die bedryf na raming verliese van ongeveer N$400 miljoen ly vir elke maand wat uitvoermarkte gesluit bly. Die impak strek verder as net die boere – dit raak ook werkers, vervoerders, abattoirs en besighede wat van veehandel afhanklik is. Dit bly noodsaaklik om die virus in te perk, maar dit is net so belangrik om maniere te vind om lewensbestaan te beskerm terwyl markte gesluit bly. Elke maand van vertraging bring koste mee en die hele waardeketting vir vee betaal die prys.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie