Boere moet jagregulasies nakom
Die Namibië Landbou-unie (NLU) herinner alle trofeejagters om Namibië se jagwetgewing en permitvereistes noukeurig na te kom.
“Alhoewel trofeejag ’n belangrike rol speel in bewaring, wildbestuur en landelike bestaansmiddele, kan dit slegs volhoubaar bly indien alle jagters die toepaslike wetlike en administratiewe vereistes nakom.
Die jagregulasies sluit onder meer die volgende in:
• Geproklameerde jagseisoene
• Goedgekeurde spesies en kwotas
• Toestemming van grondeienaars
• Etiese en verantwoordelike jagpraktyke.
“Versuim om aan die jagregulasies te voldoen, ondermyn bewaringspogings en kan tot regstappe lei,” maan die NLU en beklemtoon verder dat dit belangrik is om die jaarlikse opgawes in te dien.
“Hierdie dokumente was op 30 November 2025 verskuldig. Die opgawes speel nie net ’n rol in die bestuur van wild nie, maar help ook met beleidsbeplanning en die toekenning van kwotas. “Onvolledige of laat indienings kan daartoe lei dat geen wettige jagpermitte vir die daaropvolgende jaar verkry word nie, of dat boetes opgelê word.”
Alhoewel jag nie die mandaat van die NLU is nie,” deel ons ’n verantwoordelikheid vir die volhoubaarheid van ons omgewing”. Die NLU moedig daarom alle jagters en operateurs aan om saam met owerhede en grondeienaars te werk om te verseker dat jag ’n volhoubare en wettige aktiwiteit in Namibië bly.
“Deur regulasies na te kom, akkurate jaarlikse opgawes in te dien en die nodige permitte aan te vra, dra jagters by tot langtermynbewaring van wild en die geloofwaardigheid van Namibië se jagbedryf.” – NLU

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie