BKS-steunfonds kry hupstoot
Die regering het ’n beroep op meer maatskappye en individue gedoen om te help om die uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) in te perk en bestaansmiddele in die veesektor te beskerm. Die minister van landbou, visserye, water en grondhervorming, Inge Zaamwani (middel voor), het B2Gold en sy besturende direkteur, John Roos, (middel agter) uitgesonder vir sy skenking van N$1,6 miljoen aan die BKS-steunfonds en dit beskryf as ’n voorbeeld van korporatiewe ondersteuning. Ander finansiële bydraes het N$500 000 van Woermann & Brock en Divine Deli, N$200 000 van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), N$150 000 van Cymot en N$100 000 van Agribank Namibië ingesluit. Bykomende skenkings is van Summerdown Boerevereniging (N$50 000), Namibia Wildlife Ranching (N$45 000), Big Sky Lodges (N$40 000), die National Unity Democratic Organisation, Groenkloof Boerdery en Sinclair Services (N$10 000 elk) en Bullsport Farming (N$5 000). Anonieme skenkers het nog N$12 000 bygedra. Geen nuwe BKS-gevalle is vir die tweede agtereenvolgende week aangemeld nie. Foto Josa Markowitz


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie