Biosekuriteit op grense verskerp

Francoise Steynberg

Die eerste van die semi-outomatiese sproeibane vir voertuigontsmetting is by die Ariamsvlei-grenspos geïnstalleer. Dit is ’n konstruksie of montering met twee stasies, waar die eerste sproeipunt water gebruik om vuilis te verwyder en die tweede sproeipunt ontsmettingsmiddel gebruik, soos aanbeveel deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid, om die bek-en-klouseervirus te deaktiveer. Installasie by ander grensposte sal volg ná ’n kort toetstydperk om te verseker dat die stelsel naatloos werk. Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad van Namibië (LLPBN) bly daartoe verbind om die direktoraat veeartsenydienste te ondersteun met pogings om die veebedryf teen die indringing van bek-en-klouseer (BKS) te beskerm. Die BKS-steunfonds ondersteun die sproeibane by die drie grensposte finansieel. Foto’s LLPBN

Kommentaar

Republikein 2026-08-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer