Ter illustrasie. Foto Elvira Hattingh
Ter illustrasie. Foto Elvira Hattingh

Bewegingsverbod ná longsiekte in Kavango uitbreek

Ronelle Rademeyer
’n Verbod is op die beweging van beeste in die Ncamagoro-, Musese, Kapako- en Mankumbi-kiesafdelings in Kavango-Wes ingestel nadat longsiekte uitgebreek het.

Dit geld vir alle beweging, buiten na abattoirs.

Dié siekte kom meestal onder beeste en waterbuffels voor. Dit veroorsaak groter vrektes by beeste as enige ander veesiekte.

Padblokkadses is opgestel en moniteringspanne is deur die direktoraat veeartsenydienste ontplooi, sê die ministerie van landbou, water en bosbou in ’n verklaring.

Alle beeste in die streek sal in die volgende weke teen longsiekte ingeënt word.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer