Beleggers wéér vir Witvlei-abattoir gesoek
Die adjunkminister van landbou, visserye, water en grondhervorming, Ruth Masake, het gesê dat die eens florerende Witvlei-abattoir nou as 'n dormante leë dop doodstil staan met die hoop om dit weer lewe te laat inblaas.
Masake het verlede week aan die parlement gesê dat Agribank, ten spyte van die toenemende verliese, steeds vasbeslote is om die slagpale te laat herleef en aktief op soek is na beleggers om die aanleg se hekke weer oop te gooi en werksgeleenthede in die Witvlei-gebied te herstel.
Die koste sluit in regskoste van N$2,9 miljoen, maandelikse tariewe en belasting van N$48 022 aan die Witvlei-nedersettingsraad, asook maandelikse sekuriteitskoste van N$16 316 vir die beveiliging van die abattoir.
Volgens Masake is die abattoir in 2003 na Agribank oorgedra ná die likwidasie van Uri Khubis-slagpale. Agribank het dit daarna aan Witvlei Meat (Pty) Ltd. verhuur met die opsie om dit vir N$15 miljoen te koop. In 2011 het die kabinet egter gelas dat enige verkooptransaksie teen markwaarde moet plaasvind. 'n Regsgeskil het gevolg, wat gelei het tot 'n uitspraak van die hooggeregshof ten gunste van Witvlei Meat.
“Ten spyte van die ondertekening van 'n koopooreenkoms in 2015, het die koper nie aan die betalingsvoorwaardes voldoen nie, wat die ooreenkoms nietig gemaak het. Verdere uitsettingsprosedures is ingestel en in Januarie 2020 het Agribank wettiglik besit van die eiendom teruggekry en 'n geldige titelakte besit,” het sy gesê.
Masake het beklemtoon dat Agribank twee tenderprosesse in 2021 en 2022 vir die verkoop van die abattoir begin het. “Alhoewel daar verskeie bieërs was, kon geeneen van die topdrie bieërs bewys van finansiering binne die vasgestelde tydsraamwerk lewer nie. Daarbenewens het die vooruitsigte van die kopersmelter wat deur die Witvlei-nedersettingsraad gehuur is, verskeie gesondheids- en omgewingskwessies geopper.
"Om beleggersvertroue te herstel, het Agribank relevante belanghebbendes betrek en in Julie 2025 het die operateur ingestem om sy bedrywighede te verskuif, met Agribank wat die gepaardgaande koste dra,” het sy bygevoeg.
“Na die oplossing van die probleem het Agribank die slagpale weer geadverteer en het sedertdien uit verskeie oorde belangstelling ontvang. Die bank bly optimisties dat 'n finansieel bekwame belegger verseker sal word. Die hervatting van bedrywighede sal na verwagting betekenisvol bydra tot werkskepping en ekonomiese herlewing in die Omahekestreek,” het die adjunkminister gesê.
In Augustus is Witvlei-abattoir weer in die mark gesit terwyl Agribank die dormante bate vir N$51,7 miljoen wil verkoop.
Dit was voorheen verhuur aan Witvlei Meat, 'n maatskappy wat besit word deur die bekende sakeman en stoetboer, Sidney Martin, wat sedert 2006 N$250 000 per maand betaal het. 'n Mislukte koopooreenkoms en 'n regsgeding oor eienaarskap het egter in 2019 tot die uitsetting van die maatskappy gelei ná 'n uitspraak in die hoërhof. Sedertdien het die slagpale onaktief gebly ten spyte van sy potensiaal.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie