Amta betaal glo laat

Landbouminister moet antwoorde verskaf
Kommer is uitgespreek oor boere wat steeds op waglyste is om hul oeste aan Amta te verkoop.
Aurelia Afrikaner

Boere wat in Augustus hul oeste aan die Landboubemarkings- en Handelsagentskap (Amta) verkoop het, sê hulle wag steeds op betaling.

Die beweerde laat betalings het in die parlement gaan draai, met die minister van landbou, visserye, water en grondhervorming, Inge Zaamwani, wat vir duidelikheid gevra is oor wanneer die uitstaande bedrae aan boere vereffen sal word. 

Kommer is ook uitgespreek oor boere wat steeds op waglyste is om hul oeste aan die handelsagentskap te verkoop. 

“Hoe lank word daar van hierdie boere verwag om te wag voordat hulle hul produkte kan verkoop? Watter maatreëls word getref om hulle tegemoet te kom?” wou die president van die National Democratic Party (NDP), Martin Lukato, weet.

Hy het ook gewys op die uitdagings waarmee mahangu-boere te kampe het. 

Volgens Lukato het die boere glo oeste beskikbaar om van die hand te sit, maar hulle sukkel steeds om deur middel van Amta toegang tot markte te verkry.

“Watter maatreëls word getref om te verseker dat hierdie boere toegang tot beskikbare markte het en billike en tydige betaling ontvang?” het hy gevra. 

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-10-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer