Agra se landbou-akademie gaan van krag tot krag
Agra se landbou-akademie, Agra Agricultural Academy, het Vrydag sy tweede gradeplegtigheid gehou, met twee graduandi wat hul vlak 5 NQF-nasionale diplomas in diere- en plantproduksie ontvang het.
Nog agt ander het hul vlak 4 NQF-sertifikate hiervoor ontvang, nadat hulle hul eerste jaar van ’n tweejaarkursus voltooi het.
Agra se vennote van die International Agricultural Academy for Africa, asook die maatskappy se ProVision-personeel en uitvoerende bestuur en die graduandi se vriende en familie het die geleentheid bygewoon.
Agra se handelsmerk- en kommunikasiebestuurder, mnr. Piet Stoman, het in ʼn mediaverklaring gesê die studente wat hul nasionale diplomas verwerf het, sal voorts ʼn loopbaan in die landboubedryf kan volg, terwyl diegene wat sertifikate ontvang het, hul studies kan voortsit om vir ʼn diploma te kwalifiseer.
Sonja Pretorius het ʼn nasionale diploma in diereproduksie ontvang, en David Kandume ’n nasionale diploma in plantproduksie.
Devon Buis, Phillip Robberts, Johannes Simbungu, Malcolm Pack, Alberto Sizario en Victoria Muteka het ’n nasionale sertifikaat in diereproduksie ontvang, en Aina Thimoteus en Anzo van Wyk ’n nasionale sertifikaat in plantproduksie.
AGTERGROND
Agra het meer as ʼn jaar gelede aangekondig dat dit 'n splinternuwe, tegnologie-gedrewe Namibiese landbou-akademie sou begin, wat nou met bedryfsvennote asook verskaffers sal saamwerk om bedryfspesifieke opleiding vir die plaaslike landboubedryf te bied.
Dit is deur Agra ProVision van stapel gestuur, wat lank reeds bekend is vir die verskeie opleidingskursusse wat dit aan die plaaslike landboubedryf bied.
Die akademie bied ’n unieke e-leerprogram aan, wat beteken studente kan teen hul eie pas studeer, vanuit die gemak van hul huise. Dit is ideaal vir hoërskoolleerlinge, skoolverlaters, boere en werkende mense.
Die akademie sê dit bied ’n unieke geleentheid vir mense wat kwalifikasies, vaardighede en praktiese kennis in landbou wil opdoen. Programme waarvoor nasionale sertifikate en diplomas uitgereik word (NQF-vlakke 4 en 5), sluit in diere- en plantproduksie, asook gevorderde plaasbestuur.
Die kwalifikasies word deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA) geakkrediteer.
Volgens Agra is al die kwalifikasies deur die International Agricultural Academy for Africa (i3A) ontwikkel, met insette vanaf Agra ProVision.
Dit word dan aanlyn via die internet deur e-leerprogramme aangebied.
Leiers in die plaaslike bedryf sal ook deur praktiese opleiding dié programme rugsteun.
Vir meer inligting oor die akademie, besoek agra.i3a.africa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie