Agra – nou groter en beter op Okahandja
Die nuwe, verbeterde Agra-tak op Okahandja het amptelik verlede Vrydag weer sy deure heropen, wat beteken dit is nou die grootste tak buite die hoofstad.
Die winkel beslaan sowat 1 470 m², met ‘n voerwinkel van 1 000 m² en plaveisel van 4 750 m².
Al Agra se dienste is by die nuwe perseel beskikbaar, wat oorkant die straat van sy vorige perseel in Martin Neibstraat geleë is.
Agra sê hulle daartoe verbind om die ontwikkeling van landelike ekonomieë te ondersteun deur hul voetspoor uit te brei in dorpe wat van landbou afhanklik is.
Volgens Chrislemien Ströh, Agra se senior bemarkingsbestuurder, is Agra, “as 'n trotse, Namibiese maatskappy,” diep gewortel in plaaslike gemeenskappe.
“Ons verstaan om relevant te bly, moet Agra aanpas en ontwikkel soos wat landbou en die res van die Namibiese sakelandskap dit doen.”
Tydens die heropening van die tak is verskeie spesiale aanbiedinge en pryse aangebied, asook 'n geleentheid vir kliënte om met produkverskaffers en Agra se personeel te gesels.
“Ons bedank al ons Okahandja-kliënte vir hul geduld tydens die opknapping en ons hoop dat julle die nuwe winkel sal geniet,” het sy afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie