Windhoek se flieks trek nuwe baadjie aan
Al twee die Ster Kinekor-flieksale in Windhoek is tans gesluit vir opknappings nadat die Suid-Afrikaanse Ster Kinekor die leisels by die voormalige plaaslike bestuurder van die takke by Maerua- en Grove-inkopiesentrums oorgeneem het. Die datum vir die heropening is nog nie vasgestel nie, maar Ster Kinekor Namibië sê op hul Facebook-blad dat fliekgangers ’n “opgradering soos geen ander”, kan verwag. “Ster Kinekor is bekend vir sy spogervarings en hulle is op die punt om hul A-‘game’ te bring. Verwag groter skerms, gemakliker sitplekke en selfs meer springmieliesopsies.”
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie