Versoek aan filmmakers
Die Museumvereniging van Namibië (MAN), in samewerking met die Nasionale Argief van Namibië en die Namibië Filmkommissie, het ’n plaaslike filmbewaringsprojek van stapel gestuur.
Die projek, wat ondersteun word deur die Carl Schlettwein Stiftung in Basel, Switzerland, het ten doel om films te bewaar wat Namibië se stryd om onafhanklikheid, nasiebou, solidariteit teen apartheid asook kulturele en maatskaplike kwessies en uitdrukking deur kuns sedert onafhanklikwording dokumenteer.
As deel van die poging werk twee leerling-katalogiseerders saam met kundiges om die eerste omvattende katalogus van Namibiese films saam te stel.
Filmmakers oraloor die land word genooi om te help om films te identifiseer en te dokumenteer wat in private en institusionele versamelings gehou word – veral dié wat steeds op band of film gestoor word, wat die grootste risiko loop om verlore te gaan.
Die katalogus sal die grondslag vir toekomstige bewarings- en digitaliseringsprojekte vorm. Rolprentmakers en -eienaars word aangemoedig om ’n kort opname te voltooi oor produksies wat sedert 1980 tot op hede gemaak is.
Deur by te dra, help deelnemers om Namibië se “kollektiewe geheue” te bewaar en te verseker dat die nasie se stories toeganklik vir toekomstige geslagte bly.
Vir meer inligting kontak MAN by [email protected] of by 061 302 230.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie