Vang trouherinnering vas
’n Bruid beplan elke fyn besonderhede van haar troue – van die gastelys tot die kleur van haar strooimeisies se naels.
’n Bruid se ruiker is spesiaal en bestaan uit uitgesoekte blomme om by haar persoonlike styl, die troue se kleurskema en haar drome van kindsbeen af te pas. Wat maak mens egter ná die troue met daardie spesiale ruiker? Hiervoor het Windhoeker, Mené Lambert, ’n oplossing.
Mené maak dit moontlik vir bruide om hul ruiker en natuurlik die herinneringe en moeite wat daarmee gepaard gegaan het, vir altyd vas te vang deur die blomme te pars en te raam.
Dit het alles begin ná haar eie troue en die idee om iets van haar troudag oor te hou wat uniek aan ’n bruid is. Haar eie ruiker was dus die eerste ruiker wat sy geraam het.
“Dit is ongelooflik om te sien hoe elke bruid se persoonlikheid in haar ruiker weerspieël word – om dit te kan vasvang is ’n groot voorreg vir my,” sê sy.
Mené haal die ruiker uitmekaar en sit die blomme dan sorgvuldig op ’n blommepars (flower press). Die uitdroogproses kan tussen twee en vier weke neem, afhangende van die seisoen en tipe blomme. Daarna word die blomme in ’n raam gerangskik. Dié deel van die proses verg kreatiwiteit en dinkwerk om die blomme so te pak dat die eindresultaat nie net mooi is nie, maar ook by die bruid se styl pas.
Die raam word daarna opgemaak en by die bruid afgelewer.
“Die lekkerste deel is om saam met elke bruid opgewonde te raak oor hulle groot dag,” sê Mené.
Hoewel vars blomme die beste werk, kan bruide hul ruikers tot drie dae ná die troue by Mené in Windhoek aflewer.
Vir meer inligting of om haar te kontak, kan belangstellendes haar Instagram (_wallflower_bouquets) en Facebookblaaie (Wallflower Bouquets) besoek of haar by 081 606 9851 kontak.
Mené is ’n jong onderwyseres in Windhoek en maak die geraamde ruikers deeltyds om vir bruide ’n tydlose herinnering van hulle troudag te gee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie