‘Toks ’n Tjops’ het ‘nuwe baadjie, dieselfde hart’
Aanhangers van die kykNET-geselsprogram Toks ’n Tjops kan na ’n opwindende 12de seisoen uitsien, wat hierdie Vrydag begin.
Liebie Opperman, vervaardiger van die program, sê hoewel kykers heelwat nuwe gesigte sal sien, beloof kykNET dat die program “met dieselfde hart gelewer sal word”.
Die program is in 2011 vir die eerste keer uitgesaai en sou aanvanklik net vir die duur van daardie jaar se Rugbywêreldbekertoernooi op die kassie wees.
“Dit het so goed gevaar dat kykNET besluit het om dit in 2012 ’n weeklikse instelling te maak,” sê Opperman.
Volgens Opperman is Toks ’n Tjops ’n goeie manier om rugby as ’n dinamiese sport te vier.
“Daar is drie maniere hoe ons sport in Suid-Afrika kyk. Een is dat jy dit in ’n stadion gaan kyk. Dan is daar die opsie om dit by die huis langs die kole saam met familie en vriende te kyk en laastens kan jy dit ook in ’n kroeg gaan kyk. Toks ’n Tjops bevat al hierdie ervaringe in een program – en dis wat dit so lekker maak.”
Hy het ook ’n voorskou gegee van hoe die seisoen se paneel lyk en sê “die nuwe gesigte is almal groot name in hul onderskeie velde”.
“Van die name sluit in Jean de Villiers, Jannie du Plessis, Jonathan Mokoena, Breyton Paulse, Rika Nieuwoudt, Hamilton Wessels en ook Radioraps. Vaatjie is steeds in die kombuis,” sê Opperman.
“Dit wat ons gebou het sedert 2011 het nie oornag gebeur nie. Dis ’n lekker dinamiese span en ons glo dat hulle ’n lekker gesels- en kuierprogram aan kykers sal bied.”
Toks van der Linde, oud-Springbok en voormalige aanbieder van die program, het in Oktober verlede jaar as aanbieder bedank. Hy was aanvanklik nie tevrede met “die radikale veranderinge” wat vir die nuwe seisoen voorgestel is nie.
• Toks ’n Tjops word Vrydae om 20:00 op kykNET en kykNET & kie (DStv-kanaal 144 en 145) uitgesaai.
-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie