The Movie Guy: Dis Kersfees vir my
Die een ding waarna ek elke jaar uitsien, is Kersflieks. Nou is dit uiteindelik tyd om terug te sit en ’n paar nuwes te kyk of oues weer te kyk.
My gunsteling Kersfeesflieks verander elke jaar, dit hang alles af van hoeveel van die Kersfeesgees ek nodig het. Ek kan egter sê dat Die Hard en Home Alone die twee beste Kersflieks is wat nog ooit gemaak is. Om dit dus regverdig te hou, gaan ek hulle nie in hierdie jaar se lys insluit nie, ek wil ander flieks ook ’n regverdige kans gee. Daarom gaan ek ’n paar vergete of flieks wat geïgnoreer word by my lys insluit.
Ek kyk ’n mengsel van rolprente, maar gewoonlik sal ek meer komiese flieks verkies. Ek wil lag en vermaak word, maar ek wil ook aan al die Kersfeeswonders herinner word. Hierdie keer het ook ‘n fliek op die lys wat ek dink ‘n paar mense nagmerries sal gee. My 2025-lys is ’n kombinasie van gesinsvriendelike flieks en ook Kersflieks wat lyk asof dit net-net nie op Kersvader se stoutlys beland het nie.
The Night Before
Ek voel hierdie is een van daardie Kersrolprente wat baie meer aandag verdien. Toe dit in 2015 uitgereik is, het dit so bietjie onder die radar deurgeglip. Dit is ’n Kersfliek vir volwassenes, wat beteken dit is iets waarmee baie van ons mee kan identifiseer. Dit voel soos ’n tipiese Kersfilm, maar is gemik op grootmense. Dit is snaaks, ’n bietjie stout, maar steeds vol feestelike gees. Ek moes dit net op my 2025-kyklys sit.
The Holdovers
The Holdovers is nog ’n onderskatte Kersfliek, maar hierdie een is ‘n regte tranetrekker. Die eerste keer wat ek dit gekyk het, was dit al ná Kersfees, so hierdie jaar wil ek dit reg doen. Dit is ’n pragtige storie oor ’n leerling en sy onderwyser; amper soos Dead Poets Society, maar met Kersfeestemas. Die film eindig op ’n mooi en kragtige manier, nog iets wat jou dalk sal laat huil.
Christmas Office Party
Dit was een van die min Kersflieks wat ek in die rolprentteater kon kyk toe dit uitkom. Hierdie fliek is nie vir almal nie, maar as jy van die komedies uit die laat 2000’s hou, sal jy beslis hierdie een geniet. Ek het gelag tot my maag seer was. Dit het ’n wonderlike rolverdeling, en ek is verbaas dat nie meer mense daarvan weet nie. Dit bring definitief bietjie vakansiepret vir dié van ons wat reg deur die feesseisoen moet werk.
Jingle All the Way
Een van my gunstelinge uit my kinderjare, maar ongelukkig word dit deur nuwer gesinsflieks vir die Kerstyd oorskadu. Daar is ’n groot moontlikheid dat dit my gunsteling Arnold Schwarzenegger-fliek is. Ek onthou hoe ek dit oor en oor as kind gekyk het, en dalk is dit net nostalgie, maar ek dink dit is steeds ’n fantastiese fliek. Dit het alles wat ’n Kersfilm spesiaal maak.
Silent Night, Deadly Night
Die enigste fliek op my lys wat jy in rolprentteaters kan gaan kyk, en wat reeds begin draai het. Ek het dit al gekyk, en dit is maklik een van die beste grufilms vir Kersfees. Die naam klink dalk bekend, en dit is omdat dit ’n verwerking van ‘n rolprent uit die 80’s is. Dit is nie jou tipiese grufliek nie, en dit is ook nie jou tipiese Kersfliek nie, en juis daarom is dit perfek vir hierdie lys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie