Suid-Afrika se Beatles is in Namibië!
Ses dekades van 'rock'
Die groep is gestig nog voor baie van ons gebore is en die mens voet op die maan gesit het.
Die groep is in 1961 gestig, het in 1999 ontbind en in 2019 weer die musiekwêreld betree. Sedertdien het die Staccato’s, Suid-Afrika se “Beatles” vol sale getrek en is die groep weer terug in die ateljee (en vanaand te sien in Namibië!) ná hul laaste opname in 1973.
The Staccatos is in 1961 deur Brian Le Gassick gestig terwyl hy ‘n student verbonde aan Damelin Kollege was en het vinnig naam op die musiektoneel in buurland Suid-Afrika gemaak. Twee jaar later wen die groep ‘n kompetisie met ‘n opnamekontrak met die befaamde musiekmaatskappy EMI, die begin van die “Beatles van Suid-Afrika” se musikale reis wat dekades later steeds mense na hul vertonings laat stroom.
Hul eerste groot sukses is die liedjie “Come Back Silly Girl,” wat in Desember 1965 die trefferlys haal en op nommer twee op die Springbok Hit Parade beland. In 1968 neem die groep die liedjie “Cry to Me” op, ‘n reusetreffer wat ‘n ongeëwenaarde 38 weke op die trefferlyste boer, ‘n rekord vir beide plaaslike en internasionale treffers op die Springbok Radio Hit Parade. “Cry to Me” se gewildheid styg nog meer, nadat dit in die rolprent “Katarina” se klankbaan gebruik word. Dit verdien vier Goue Plate nadat die liedjie verkope van meer as 400 000 eenhede in Suid-Afrika behaal.
Die groep se gewildheid was egter geensins tot Suid-Afrika en Namibië beperk nie, met “Cry to Me” wat ook trefferslyste in Duitsland en Brittanje haal. Nog ‘n groot treffer, “Butchers and Bakers” is internasionaal onder die Fontana-handelsmerk vrygestel en is deur kunstenaars in Engeland en ook in Amerika gedek.
Nadat The Staccatos in 1999 ontbind het, maak die groep in 2019 ‘n triomfantlike terugkeer na die verhoog en musiektoneel. Hulle keer ook terug na die ateljee om nuwe musiek op te neem om hul terugkeer te vier, met stigter Brian Le Gassick en hoofsanger Steve Ashley wat steeds gehore op hul voete kry.
Ebeth Loots, The Staccatos se bestuurder en projekleier, het ‘n beduidende rol in die groep se terugkeer gespeel. Danksy haar besluit om as bestuurder vir Steve Ashley in 2015 op te tree, is The Saccatos terug waar hulle hoort. Onder haar bestuur het die groep verskeie toekennings verower waaronder ‘n Life-Time Achievement-toekenning vir The Staccatos en Best Artist Manager vir haar. Amptelik word die groep met sy musiekgeskiedenis wat oor meer as ses dekades strek as die ‘oudste’ groep in Suid-Afrika erken.
Stigter Brian Le Gassick is vandag diep in sy sewentigs en saam met sy ses dekades in die bedryf en hoofsanger Steve se meer as 50 jaar, bring The Staccatos ‘n rykdom van ervaring en altyd die belofte dat jy beslis nie gaan stilsit in jou stoel as hulle op die verhoog is nie! Kry jou kaartjie teen N$200 per persoon vir vanaand se optrede by die WHS-saal in Windhoek by die Biltong Shop in Maerua Mall of skakel 083 383 3333. Teen 19:00 moes jy al daar gewees het!
Kliek hier vir die Staccato’s se Cry to Me: https://q.my.na/CIV8

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie