Studio Visits
Waarheen beweeg jy tans in jou ateljee, en wat laat jy bewustelik agter?
Dit is die vraag wat The Project Room aan ‘n groep kunstenaars gestel het wie se ateljees die galery gereeld besoek. Hul reaksie en antwoorde is die groepuitstalling Studio Visits wat tans te sien is en wat ‘n blik gee op waar van die land se voorste kunstenaars hulself tans bevind. Van Rudolf Seibeb en Lisa Voigts tot Dörte Benner en Barbara Böhlke en meer se reaksies op die vraag ontvou in werke wat oorgang, eksperimentering en voorneme weerspieël – en bied insig in ontwikkelende praktyke en die jaar wat voorlê.
Studio Visits wat die van die room van die Namibiese kunswêreld verteenwoordig, sluit in barbara_bohlke24, annelacheinerkuhn, michaelmansfieldart, snyman.chris, lisa_voigts, remmerturte, ndako_nghipandulwa, kabelokim, maria_mbereshu, lynette_tilo_arts, nojorogee, anja.benseler, tafytangarts.illustrator, swirls_and_art_of_foibe_ , inamariaeshitoshikongo, honsekeramik, Dörte Berner en Rudolf Seibeb.
Tydens die opening van die uiteenlopende uitstalling is die WHK-kunskaart bekendstel, ontwerp om nuuskierige besoekers en kunsliefhebbers aan van die mees inspirerende kuns- en kulturele ruimtes in Windhoek bekend te stel. Die kunskaart wat gemaklik in jou sak sal pas, wys die ligging van die Franco-Namibian Cultural Centre (FNCC), die Namibië Nasionale Kunsgalery (NAGN), die Nasionale Teater van Namibië (NTN), die Namibiese Kunsvereniging (NAA), The Project Room, die Namibia Craft Center, Bellhaus Atelier & Galery, Start Art Gallery, Creative Industry Institute Africa en die Goethe Institute Namibia. The Project Room is in Crohnstraat 5 in Windhoek geleë.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie