Spoed, drama en Brad Pitt
The Movie Guy: Resensies
Jy voel die adrenalien deur jou liggaam vloei as die renjaers hul enjins op die silwerskerm aanskakel, dis die beste manier om hierdie rolprent te beskryf.
Voordat ons verder gaan: ja, jy gaan jou gunsteling-F1-renjaers en -spanne op die skerm sien. Hierdie fliek is nie nét oor die karakters nie, maar gaan ook oor die sport. Is dit die beste motorresiesfliek nóg? Jy sal hierdie resensie moet lees om uit te vind.
Ek kan nie sê ek was nog altyd ’n F1-aanhanger nie, maar onlangs het die sport my aandag begin trek en hierdie rolprent het my belangstelling verdiep. Die resensie is wel nie oor die sport nie, maar die Brad Pitt- en Damson Idris-film.
F1: The Movie, is nie net ’n rolprent nie, dit is ’n ervaring. Elke keer as die fliek jou na die renbaan neem, voel dit asof jy self teen 300 km/h agter Max Verstappen ry. Die kamera plaas jou in die kajuit en jy kan nie anders as om voet in die hoek te sit nie.
Die kinematografie is van die indrukwekkendste wat ek al ooit gesien het en die film se visuele elemente saam met Hans Zimmer se musiek, werk soos toorkuns. Die fliek is op regte Grand Prix-bane geskiet. Joseph Kosinski en Ehren Kruger, die span agter Top Gun: Maverick, het die draaiboek saamgeskryf, met Kosinski in die regisseurstoel. As jy daardie film geniet het, gaan jy waarskynlik ook van dié een hou.
Wanneer ek ’n rolprent kyk, is daar twee dinge waarop ek fokus: hoe die storie my laat voel en hoe die aksie en klank my intrek. Hierdie film merk albei blokkies af. Dis aksiebelaai en by tye amper ’n tranetrekker.
Die storielyn is wel voorspelbaar, maar dit pla my nie. Van die eerste toneel af kan jy raai waar die karakters gaan opeindig. Dit is wel nie wat saak maak nie, wat saak maak, is die opwinding van die middelste deel. In hierdie fliek kry jy presies wat jy wil hê, en dit deur uitstekende vertolkings van Brad Pitt, Damson Idris, Kerry Condon en Javier Bardem.
Alhoewel ek nie elke tegniese detail verstaan het nie, het alles nogal sin gemaak. Die uitbeelding van die spanne, die drama en die renjaers wys dat F1-sukses nie ’n een- of tweemanpoging is nie; duisende mense werk saam om ’n renjaer ’n kans op die podium te gee.
Die fliek het my nie net F1 laat waardeer nie; dit het my herinner hoekom rolprentkuns saak maak. Dit het my uit my bioskoopstoel gelig en my in ’n F1-kajuit geplaas. Ek kon myself voorstel hoe ek vir Lewis Hamilton waai terwyl ek verby hom jaag!
Ek dink dis veilig om te sê dit is een van my gunstelingflieks van die jaar, en ek glo dis die beste motorresiesfliek nóg. As hierdie resensie jou nie oortuig nie, hoop ek die vier-en-’n-half-sterre wat ek dit gee, sal. Ek sien reeds daarna uit om dit weer te kyk.
F1: The Movie volg Sonny Hayes (Brad Pitt), ’n voormalige F1-ster wat uit aftrede gelok word om ’n talentvolle nuweling, Joshua Pearce (Damson Idris), te mentor terwyl hulle probeer om ’n sukkelende span te red.
Deur egte Grand Prix-materiaal met temas van verlossing, vriendskap en hoëspoed-drama te verweef, dompel die filmkykers in die wêreld van F1 en bied ’n emosionele én visueel asemrowende rit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie