Sperrgebiet inspirasie vir kunstenaars

Tanja Bause
“Wanneer ek alleen in my ateljee is en per ongeluk iets doen, soos om twee kleure te meng of om die een sjabloon bo-op ’n ander een te gebruik, dan lui die foon of iets gebeur.

“Of jy moet ophou omdat jy ’n afspraak het of moet pak om weg te gaan, so jy verloor die gedagte en dit is weg. Wanneer jy dan na die ateljee teruggaan, kan jy nie eens onthou waarmee jy besig was nie. Dit is nie die geval in die verlate Bakersbaai nie,” het die plaaslike kunstenaar, Nicky Marais, gesê wat pas van die derde slypskool vir kunstenaars in die Sperrgebiet teruggekeer het.

“In Bakersbaai het ek byvoorbeeld ’n sjabloon gemaak en ek het met ’n baie droë verfkwas oor dit gewerk. Dit is een van daardie ongelukke; ek het die verfkwas nie in die verf gedruk nie en toe ek sien wat ek gedoen het, het ek regtig daarvan gehou. Omdat daar geen steurnisse was nie kon ek die gedagte verder neem en daarmee aangaan. Dit het so goed uitgewerk dat ek dit later op van my groter kunswerke gebruik het. Dit is soos ’n geskenk vir my om tyd te hê om ’n gedagtegang te volg.”

Tien plaaslike en drie buitelandse kunstenaars het vir tien dae in Bakersbaai gebly om ongesteurd uiting aan hul kreatiwiteit te gee. Dit is die derde keer dat dié slypskool – wat OMDis in Oranjemund reël en Namdeb finansier – aangebied word.

OMDis het Nicky drie jaar gelede na die Sperrgebiet geneem en sy het besef dit is die perfekte plek om kunstenaars heen te neem en die idee het begin vlamvat.

“Jy vat 13 kunstenaars na ’n plek waar hulle nog nooit was nie – buite in die woestyn – en dan wag jy op die resultate. Kunstenaars is besonderse kreature – hulle is geprogrammeer om te skep. Daar is meer as 100 kunswerke geskep. As ek na myself kyk, ek was soos ’n masjien. Ek is so gelukkig daar en daar is geen perke op wat ek kan doen nie – so ek skep en skep en ek skep baie.”

Die kunstenaars wat die slypskool bygewoon het, was Wil-Merie Greyling (Swakopmund), Immanuel Chiete (Oranjemund), Julia Nakashwa Hango (Swakopmund), Elisia Nghidishange (Omaruru), Ismael Shivute (Windhoek), Natache Sylvia Iilonga (Windhoek), Tity Kalala Tshilumba (Windhoek), Nicky Marais (Oranjemund), Lila Swanepoel (Windhoek), Anita Sambanje (Angola), Jeannette Unite (Suid-Afrika) en Line Krom (Duitsland).

“Ons het net drie mans in die groep gehad, wat dit ’n heel ander dimensie gegee het. Ons was so ’n uiteenlopende groep. Daar was byvoorbeeld ’n argitek, Natache Iilonga, saam wat planne ontwerp het vir ’n futuristiese gebou by Bakersbaai. Dit was ’n reuseplan, en aangesien sy op rekenaars en so werk, het dit soos ’n argitektoniese tekening gelyk. Dit was ongelooflik.

“Julia Hango is ’n uitvoerende kunstenaar. Alles wat sy aan vat of optel, word in haar kuns geïnkorporeer. Sy gebruik ook haar lyf in haar kuns en dit is baie dapper omdat meeste van ons geleer is om nooit jou liggaam in jou kuns te sit nie. Sy het ook baie van die ander kunstenaars is haar skeppings gebruik, wat wonderlik vir hulle was.

“Nog ’n kunstenaar wat uitgestaan het, is Line Krom van Duitsland. Sy is ’n kontemporêre kunstenaar. Ons het nie regtig so iemand hier in Namibië wat net iets skep wat jy nie regtig in ’n galery wil ophang of wil verkoop nie. Sy het ook self gesê soms koop ’n familielid een of ’n vriend, maar haar goed verkoop nie eintlik nie. Sy stel baie in stof belang en sy doen stofnavorsing, so sy was in ’n stofhemel in Bakersbaai.”

Volgens Nicky is Bakersbaai en die omliggende omgewing baie onvrugbaar en ongelooflik hard – soos ’n tydlose, leë doek.

Dit prikkel die verbeelding en daar is ook geen afleidings soos ’n besige straat of winkels nie. Dis net die kunstenaar, sy verbeelding en die natuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.59/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0089 | Zinc US$ 2 905.00/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 965.26/OZ UP +1.02% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.59/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0089 | Zinc US$ 2 905.00/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 965.26/OZ UP +1.02%