Sonja Heroldt kuier môre in Namibië

Die geliefde en ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres wat bekend geword het vir liedjies soos “Ek verlang na jou”, “Harlekyn”, “Waterblommetjies”, “Skipskop” en “Jantjie”, Sonja Heroldt, kuier dié naweek in Namibië.

Sy lewer gereeld motiveringspraatjies in Suid-Afrika, waar sy haar lewenservaring met sang kombineer.

Die Afrikaanse musiekliefling tree môre in Windhoek en Otjiwarongo op ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN).

Die dag skop om 09:00 af met ’n “oggend van omgee” by die krokodilplaas op Otjiwarongo. Kaartjies is beskikbaar by 081 129 0445 of [email protected] teen N$350 per persoon. Verversings is by die kaartjieprys ingesluit en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Sonja tree later die dag om 18:30 vir 19:00 by die Guesthouse Terra Africa in Windhoek op. Kaartjies hiervoor beloop N$500 per persoon, met kaas en wyn ingesluit, en is beskikbaar by 061 237 740 of [email protected]. Gaste word versoek om skemerkelkiedrag of semiformeel aan te trek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-08-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer