#PasIn: Vrouekunstenaars span saam vir jongste Bellhaus-uitstalling
Die kunstenaars Andrea Horsthemke en Anne Lacheiner-Kuhn span eersdaags saam vir ’n gesamentlike uitstalling van aardse keramiekkuns en ongewone collages by die Bellhaus Atelier & Galerie.
Cutting the Flame with Curiosity word beskryf as ‘n betowerende uitstalling van funksionele keramiek en prettige collages om 'n bietjie verwondering na die “gewone” van die alledaagse lewe te bring.
’n Fassinerende kombinasie van twee- en driedimensionele kuns vorm die basis van die galery se jongste uitstalling.
Die uitstalling sal vanaf Woensdag 5 April tot Saterdag 13 Mei by die Bellhaus-galery in die hoofstad te sien wees. Die amptelike openingsgeleentheid vind ook op bogenoemde Woensdag om 18:00 vir 18:30 plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie