Foto Facebook
Foto Facebook

#PasIn: Veelsydige kunservaring in Swakopmund

Yandi Du Plessis
Die Swakopmund Kunstevereniging vat hande met die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging, Die Muschel, Art Stop Namibia en die Ivanoff Erb-fotogalery om op Saterdag 8 April die Night of the Galleries-geleentheid aan te bied.

Night of the Galleries beloof 'n opwindende Paassaterdag-ervaring in Swakopmund se middedorp en behels 'n toer deur die galerye, elk met spesiale uitstallings, treffende kunsversamelings, klein musiekoptredes en ligte verversings.

BETROKKENES

* Art Stop Namibia

* Ivanoff-Erb-fotogalery

* Fine Art Gallery - uitstalling open 18:00

* Rogl Souvenirs

* Die Muschel - uitstalling open 17:00

* Woermannhaus-galery - uitstalling open 19:00

* The Trading Post

* Imke Engelhard Jewellery

* Atelier Haus Hohenzollern

* Swakopmund Museum

Night of the Galleries word vanaf 17:00 tot 21:00 aangebied.

Kommentaar

Republikein 2025-11-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer