#PasIn: FNCC vier Wêreldmusiekdag
Die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vier dié naweek Wêreldmusiekdag in vier dorpe in die land.
Optredes sal van 08:00 môreoggend in Windhoek, Otjiwarongo, Rundu en Katima Mulilo aangebied word.
Beide Rundu en Katima Mulilo sal 'n vertoning met ontluikende talent bied, tewyl Mbiravolution van 12:00 tot 17:00 en weer om 19:00 in die hoofstad sal optree.
Otjiwarongo bied die 'Gurus of Music'-geleentheid by die Markplein op dié dorp van 08:00 tot 13:00 aan.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie