Foto Facebook
Foto Facebook

PAS IN: Namibië, Switserland snoer klanke saam

Yandi Du Plessis
Die Tsumeb Arts Performance Centre, beter bekend as die APC, bied op 1 Augustus die Cultural Exchange-konsert by die Nasionale Teater (NTN) in die hoofstad aan.

Tydens dié konsert sal 13 kunstenaars van die APC saam met drie Switserse kunstenaars optree met die doel om kulturele uitruiling tussen Namibië en Switserland te bevorder.

Kaartjies kan via Webtickets gekoop word, of by Pick n Pay-winkels landswyd. Daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar wees.

Die APC is ’n niewinsgewende organisasie op Tsumeb wat klasse aanbied in visuele kuns, drama, dans, kunsvlyt, musiekinstrumente en taallesse aan kinders, tieners en volwassenes – veral diegene wat werkloos is en uit gemarginaliseerde agtergronde kom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer