Nóg lof vir 'Hairareb'

Die veelbekroonde plaaslike rolprent 'Hairareb' wat reeds talle internasionale toekennings ingepalm het, is gister as die beste Suider-Afrikaanse film by die Africa Magic Viewers Choice-toekennings in Lagos, Nigerië, aangewys. Dantagos Jimmy-Melani, uitvoerende vervaardiger van die rolprent, het die gesogte toekenning ontvang by 'n sterbelaaide seremonie wat deur Africa Magic, in samewerking met MultiChoice, aangebied is.

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer