Foto Facebook
Foto Facebook

Neem ’n kietsie by dié Kersmarkte aan

Yandi Du Plessis
As jy ‘n wollerige vierpotige vriend wil aanneem, moet jy nie môre (26 November) se Kersmarkte by Droombos en Jenny’s Place misloop nie. Die Snout Project, Cat Protection Society en ander dierebeskermingsinstellings sal by dié twee markte wees met meer as 30 oulike katjies wat liefdevolle huise soek.

Die Droombos Kersmark begin môreoggend om 08:30 en hou aan tot 14:30, met ‘n verskeidenheid stalletjies waar jy die perfekte geskenk vir iemand spesiaal kan aanskaf. Die Jenny’s Place Kersmark begin ook môre om 09:00 met stalletjies vir Kersdekor-items, juwele, kulsvlyt, kos, klere en meer.

En as een van dié katjies by jou hart inkruip, vertrek jy dalk net met ‘n voltooide aannemingsvorm.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer