FOTO TER ILLUSTRASIE/Jorge Dos Santos
FOTO TER ILLUSTRASIE/Jorge Dos Santos

Nascam tree strenger op teen ongemagtigde musiek

Jorge Dos Santos

Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek (Nascam) het Woensdag ondernemings en instellings weer herinner aan die vereistes vir die gebruik van kopieregbeskermde musiek in openbare ruimtes.

Die waarnemende ondervoorsitter, Ferdinand Gertze, het gesê enigiemand wat kopieregbeskermde musiek in die openbaar sing, speel of uitsaai, is verplig om ’n geldige musieklisensie te bekom. Hy het gesê die vereiste geld vir musiek wat plaaslik, nasionaal of internasionaal gespeel word.

Hy het gewaarsku dat versuim om ’n lisensie te bekom, kan lei tot ’n boete van N$12 000 of tot drie jaar tronkstraf, of ’n boete van N$20 000 of tot vyf jaar tronkstraf, afhangend van die oortreding.

Nascam werk saam met die Namibiese polisie om die lisensiëringsvereistes af te dwing, het hy gesê.

Die vereniging het ook sewe veldinspekteurs aangestel wat in verskillende streke gesetel sal wees om nakoming te monitor en met die afdwinging te help.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-11-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer