Namibiese ritmes, Duitse vibes
Om 35 jaar van noue vriendskapsbande tussen Duitsland en Namibië te vier, bied die Duitse ambassade in Windhoek die naweek ‘n spesiale konsert aan waartydens die twee lande se ritmes mekaar ontmoet.
Die bekroonde Namibiese kunstenaar Damasfusion is op die verhoog, terwyl die talentvolle woordkunstenaar Thor die Digter ‘n kragtige artistieke dimensie tot die aand se uitruiling van kulture sal verleen. Namibiërs (èn besoekers!) word uitgenooi na die gratis vieringe wat die gees van samewerking tussen die twee lande simboliseer en die kreatiwiteit en eenheid beklemtoon wat musiek kan inspireer.
Dit vind Saterdag 29 November om 18:30 by Muso's Café and Bar in Merenskystraat 24 in die hoofstad plaas. Buiten dat toegang gratis is, ontvang die eerste 70 gaste - 35 35 - ook ‘n gratis verwelkomingsdrankie om meer as drie dekades se vriendskap te vier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie