Namibiërs blink uit in wêreldkampioenskap vir opvoerende kunste
            
                                                            Die drie Namibiërs wat die land by die World Championships of the Performing Arts in Los Angeles, VSA, verteenwoordig het, keer terug huis toe met sewe medaljes, kampioen-titels in twee afdeling en twee beurse om aan die New York Conservatory for Dramatic Arts te studeer.
Die sangeres Patricia Coetzee het twee goue medaljes, twee kampioenskaptitels en ’n beurs verower. Pelagía Zimny keer terug met een goue- en drie bronsmedaljes asook ’n beurs. Julian Schlieber het een bronsmedalje in die VSA gekry.
Verskeie lande is by hierdie kunstebyeenkoms verteenwoordig met ’n Suid-Afrikaanse dansgroep wat die junior-wêreldkampioenskap vir dans huis toe vat. ’n Jamaikaanse saksofoonspeler verlaat die byeenkoms met die senior wêreldtitel in sy sak.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie