'n Visuele reis
Dit is foto’s en video-beelde wat oor meer as ‘n dekade strek en vertel van Duitse kolonialisme tot die tyd en die lewe ná apartheid. Fotograaf Nicola Brandt wat in 1983 gebore is en van Duitse en Namibiese afkoms is, se foto’s gee in haar boek The Distance Within ‘n nuwe blik op ‘n Namibië wat nou verweef met sy breë geskiedenis is. Brandt wat kruis en dwars oor die land gereis het, beitel aan die ou en gevestigde manier van hoe Namibië gesien word. Tydens haar vele reise het van landskappe tot mense, strukture en ook ontmoetings dokumenteer wat verweefde stories van Duitse kolonialisme, nasionale sosialisme en apartheid vertel.
Merkers of bakens van hierdie ‘geskiedenisse’ wissel van die verganklike en private, soos 'n vervalle hoop klippe as 'n gedenkteken langs die pad, tot amptelike plekke van herinnering en weerstand, veral vir koloniale gruweldade.
Saam met haar foto’s het Brandt tekste deur kundiges in fotografie, postkoloniale kulture, volksmoordstudies, sowel as argiefmateriaal versamel om blywende ‘blindekolle’ te verstaan. Die gevolg is 'n kruisingsargument ten gunste van die terug win van onderdrukte Inheemse stories en identiteite, om die romantiese idee van om wit te wees ongedaan te maak en uiteindelik dit te belig wat nie sigbaar was nie.
‘The Distance Within’ (Steidl, 2025) is ’n visuele en tekstuele reis deur Namibië se landskappe wat die historiese verwikkelinge en voortdurende gevolge van Duitse kolonialisme, Nasionaal-Sosialisme en apartheid onthul. Deur fotografie, argiefmateriaal en essays deur toonaangewende skrywers en kenners te kombineer, daag die boek koloniale narratiewe uit en beklemtoon en plaas onderdrukte Inheemse perspektiewe op die voorgrond. Die boek is vroeër vandeesweek in Windhoek deur die Namibiese Kunsvereniging in samewerking met Sister Namibia bekendgestel. Dit is buiten by die kunsverening ook by Book Den beskikbaar, met opbrengste uit verkope wat aan Sister Namibia geskenk sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie