’n Versameling van ’n lewe se mooi

Iréne-Mari van der Walt

Die Suid-Afrikaanse musikant Lize Beekman het hierdie naweek as deel van die FNB Windhoek Woordfees tydens twee vertonings die musiek gedeel wat sy uit mooi herrineringe – wat sy as hougoed koester – gemaak het. Van sagte wysheid wat oor ’n draairoomys geval het tot gedigte wat vertel van die lewenslange liefde waarin haar geliefdes kon deel, het gehore in beide Windhoek en Swakopmund saam met die sangeres gewandel deur ’n galery van lieflike oomblikke wat haar bygebly het. Foto Iréne-Mari van der Walt

Kommentaar

Republikein 2026-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer