krans
krans

'n Sirkel van dankbaarheid

Henriette Lamprecht
Buiten vir ‘n kersboom en liggies, is krans teen jou voordeur of op jou tafel ‘n duidelike teken dat die fees- en Kersseisoen amper hier is. Saterdag kan jy in ‘n kreatiewe omgewing en met die begeleiding en inspirasie van twee botaniese kunstenaars leer hoe om ‘n blywende krans uit van gedroogte blomme, peule, takke, grasse en bessies te skep. Buiten vir die saam skep en wees, kry jou ook seisoenale versnapperinge soos brood met geklopte botter, Pesto Rosso, chimichurri, pienk sous, feta en 'n jogurt-prei-kruie-sous. Dit word saam met 'n vars verskeidenheid seisoenale groente wat liggies in 'n helder vinaigrette gegeur word. Die baie spesiale werkwinkel vind Saterdag van 14:00 tot 17:00 by Bellhaus Atelier & Galerie, in Bellstraat 18 in Windhoek plaas. Die koste is N$ 1250 wat alle materiaal, leiding en versnapperinge insluit. Deelnemers word beperk tot 16 om ‘n intieme, sielvolle r

Kommentaar

Republikein 2025-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer