'n Prinsie in Namibië
Verlies en vriendskap
Die rolverdeling sluit 27 sangers, akteurs, dansers en musikante en boonop 'n koor van meer as 400 tieners in.
Die Franse skrywer en vlieënier Antoine de Saint-Exupéry se geliefde en klassieke verhaal van ‘n jong prins wat verskeie planete, insluitend Moeder Aarde besoek, maak volgende naweek ‘n buiging op ‘n Namibiese verhoog. A little prince in Namibië wat met ‘n rolverdeling van 27 sangers, akteurs, dansers en musikante en boonop ‘n koor van meer as 400 tieners spog, is die verwerking van die gewilde verhaal wat wentel om temas soos alleenheid, verlies, vriendskap en liefde.
Met die rolverdeling wat onder meer Galilei Njembo, Clémentine Ruel, Nythen Dien, Dennis Kharuchab, Desmond Kamerika, Sydney Farao en Mary Jane Andreas insluit, is hierdie ‘n reis van ‘n Namibiese prinsie beslis nie iets om mis te loop nie.
Galilei is 'n belowende tenoor van Namibië met 'n BA-graad in sanguitvoering van McGill Universiteit in Montreal, Kanada. Tydens sy studies het hy sy professionele opera- en konsertdebuut in Kanada, Duitsland, Mexiko, Suid-Afrika en Namibië gemaak. Hy was onlangs te sien in 'You Have Loved Enough'.
Ontmoet die sanger Nythen Dien en danser Ethan Elie Philander as die vlieënier in 'A Little Prince in Namibia'. Nythen is 'n klassieke tenoor van Koës, 'n dorpie in die suide van Namibië. Hy het formele opleiding van die College of the Arts in Windhoek en beskik oor 'n Intermediêre Uitvoeringsertifikaat in Sang van Trinity College London. Nythen het duette opgevoer in gesogte produksies soos die Baroque Festival en Concerto Festival in Windhoek.
A little prince in Namibia is 14 en 15 Augustus by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) op die planke. Kaartjies is N$120 per persoon, N$100 vir pensioenarisse en N$80 vir kinders onder 16 en is beskikbaar by www.webtickets.com.na/oyo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie