’n Liefdesverklaring aan Namibië
Katima, ’n nuwe boek deur die plaaslike skrywer Sylvia Schlettwein, word môre by die Bellhaus Atelier & Galerie bekend gestel.
In Katima onthou Sylvia, dogter van minister Calle Schlettwein, haar kinderjare in Katima Mulilo in die noordooste van Namibië wat destyds as die Caprivistrook bekend gestaan het.
In 16 betowerende verhale maak sy vir ons ‘n venster oop na ’n alledaagse Namibiese lewe voor onafhanklikheid, vanuit die oogpunt van ‘n gesin wat van vroeg af bande met Swapo gehad het.
Uit ‘n kind se oogpunt ervaar ons die betowering en genadeloosheid van Afrika, die nugtere werklikheid, die alledaagse lewe tussen Duitse tradisie en Afrika-wortels en nog baie meer.
Katima is ‘n literêre reis deur tyd in die Caprivi van die 1980's en ‘n liefdesverklaring aan die skoonheid en diversiteit van die land en die mense van Namibië.
Sluit môre aan by dié pragtige nuwe galery waar die skrywer, onderwyser, vertaler en literêre kritikus uittreksels uit haar nuwe boek sal voorlees.
Toegang is gratis en die deure sal om 18:00 open, terwyl die bekendstelling om 18:30 begin.
“Van ontwerp tot leksikon, #katima is 'n lekkerte om te lees,” het die Namibiese digter, musikant en liedjieskrywer Lize Ehlers onlangs getwiet en die positiewe reaksie van lesers sedert die boek in Desember 2021 vrygestel is, opgesom.
Met ‘n openingstoespraak deur die Namibiese skrywer Erika von Wietersheim, versnaperinge en drankies wat bedien sal word, en lewendige musiek deur Klaus Rennack en Angela von Wietersheim, beloof die bekendstelling om ‘n bederf vir die hart, siel en gees te wees.
Die geleentheid sowel as die voorlesing sal in Duits en Engels wees, met boeke teen ‘n spesiale bekendstellingsprys met vergunning van die Namibia Book Market.
Kry môreaand jou eksemplaar van Katima en laat Sylvia dit teken ná die amptelike bekendstelling. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie