'n Funky zebra vir jou kerskous
Jy het dit Groot Vyf nog nooit so gesien nie - 'n kleurvolle bontspul tussen blomme gedrapeer op 'n tiervelbank en met 'n sonbril teen die skerp Afrikason! Dis Kersfees in Julie by die Omba-galery in die Namibia Craft Centre waar elke ornament, kussing, beker en handsak vanjaar gepas ontwerp is om by die 'whimsical'-tema te pas. Jy het nog tot 31 Augustus tyd om jou kerskous vol te maak met van vlieënde seekoeie tot die mooiste handgemaakte produkte deur I'Khoba se vroue wat elkeen 'n storie vertel. Kliek hier: https://q.my.na/BF7X


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie